Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bly gefokus, vra Cheetahs-kaptein

Die Cheetahs se kaptein, die skrumskakel Tian Meyer, maak geen geheim daarvan nie dat die eerste helfte van die Pro14-seisoen taai én teleurstellend was.

Tian Meyer, skrumskakel en een van twee kapteins wat die Cheetahs om die beurt aanvoer. Foto: Gallo Images

Hy is aan die begin van die seisoen, nádat Oupa Mohoje beseer is, as kaptein aangewys en word deur nog ’n skrumskakel, Shaun Venter, om die beurt afgelos.

Hy het juis weens ’n bestuursprogram vir spelers by die Cheetahs, die laaste twee wedstryde teen Benetton en Connacht uitgesit.

“Ons moes mekaar aan die begin van die seisoen van voor af leer ken. Daarby moes van die manne ook aan die Pro14-reeks en die deelnemende spanne gewoond raak,” sê Meyer.

Hy sê hy maak nie verskoning vir die Cheetahs se vertoningslys in die eerste tien wedstryde nie, maar daar moet in ag geneem word dat hulle aan die begin van die seisoen taamlik onervare was.

Die breier, Franco Smith, het herinner dat van daardie 10 wedstryde (twee oorwinnings) het sy span een gelykop (39-elk teen Ulster) gespeel en drie wedstryde met minder as sewe punte, én vier bonuspunte ingesamel vir meer as vier drieë gedruk.

“Ons kom al nader aan oorwinnings. Dit is slegte oomblikke, foute op verkeerde tye en dalk dat ons fokus verloor op belangrike tye wat maak dat ons verloor,” sê die kaptein.

Hy sê hulle het gewys dat hulle in staat is om goeie hardlooprugby te speel. Dit is presies wat in die oorblywende deel van die seisoen moet doen om weer die ondersteuners opgewonde te maak.

Die ander spanne sal nou wel meer wedstryd wees omdat hulle nog laat gespeel het, maar hulle sal liggame sal moeër wees.
Tian Meyer

“As ons die foute wat ons kan beheer verminder en ons bly gefokus sal ons baie beter uitslae kry. Ek weet ons is ’n gevaarlike span met baie potensiaal.”

Die Cheetahs het die kalenderjaar Woensdag met ’n laaste oefening afgesluit en kry ’n blaaskans van vier weke voordat hulle op 6 Januarie in Italië teen Zebre kragte meet. Hulle volgende wedstryd is dan eers weer op 19 Januarie teen die Southern Kings in Port Elizabeth.

Die vraag is nou hoe goed gekondisioneer hulle sal wees wanneer hulle op 2 Januarie vir oefening aanmeld.

Dit (aftyd tussen wedstryde) was juis vroeër ’n kwessie onder bespreking, omdat dit spanne se ritme versteur. Dit gesê, speel die Europese spanne nog tot diep in Desember Pro14-rugby.

“ ’n Mens kan altwee kante toe redeneer. As ons vars en vol energie en doelgerig na die breek terugkom kan dit in ons guns tel.

“Die ander spanne sal nou wel meer wedstrydfiks wees omdat hulle nog laat gespeel het, maar hulle sal liggame sal moeër wees.”

Meer oor:  Pro14  |  Tian Meyer  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.