Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Baljagter Brüssow bêre sy stewels
In die fleur van sy loopbaan was Heinrich Brüssow een van die beste baljagters op die planeet. Hy het ook ’n sleutelrol vertolk in die Springbokke se reekssege oor die Britse en Ierse Leeus in 2009. Foto: Getty Images

Heinrich Brüssow is klaar met rugby.

Die 33-jarige oud-Springbokflank het weens ’n kniebesering self besluit om sy kontrak met die Engelse klubspan Northampton Saints kort te knip. Dit sou eers middel volgende jaar verstryk het.

Weens beserings kon Brüssow, wat een van die wêreld se voorste baljagters was, net in 21 wedstryde in minder as twee jaar vir Saints speel.

Brüssow het hom in Januarie 2018 by sy Engelse klubspan aangesluit nadat hy vyf jaar lank vir die Japanse klubspan NTT Docomo Red Hurricanes uitgedraf het.

Voor dit het hy die Cheetahs in 141 wedstryde oor 11 seisoene op onder meer Superrugby- en Curriebeker-vlak verteenwoordig.

Hy het sy toetsbuiging op 22 November 2008 teen Engeland op Twickenham as Springbok nommer 801 gemaak en sy land eindelik in 23 toetse verteenwoordig.

In 2009 was hy onder meer ’n sleutelspeler vir die Bokke in die reekssege oor die Britse en Ierse Leeus.

Die voormalige Bloemfonteiner het ook in al die Bokke se wedstryde tydens 2011 se Wêreldbeker-toernooi gespeel.

Heinrich Brüssow het nooit geskroom om spelers veel groter as hy op die rugbyveld aan te vat nie. Foto: Getty Images

Sy laaste toets was op 15 Augustus 2015, toe hy as ’n plaasvervanger-flank teen Argentinië in Buenos Aires gespeel het. Hy was een van die ongelukkiges om nie vir daardie jaar se Wêreldbeker-toernooi in Engeland gekies te word nie.

Brüssow het die unieke prestasie dat hy in vier uit vyf toetse teen die All Blacks aan die wenkant was.

Hy was veral in sy speeldae by die Cheetahs die toonbeeld van ’n speler wat gewys het dit gaan nie oor grootte op ’n rugbyveld nie, maar oor hoe groot jou hart is.

’n Kniebesering het Heinrich Brüssow se rugbyloopbaan en verbintenis met die Northampton Saints voortydig beëindig. Foto: Getty Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.