Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Slot Bobby de Wee sê nee vir die OP
Bobby de Wee vir die Southern Kings in aksie toe dié span nog in die Pro14-reeks gespeel het. Foto: Gallo Images

Bobby de Wee was gereed om vir minstens nog twee jaar sy rugby by die Southern Kings te speel, maar nou is daar nie ’n kans dat hy in die Oos-Kaap gaan aanbly nie.

Met die Kings in likwidasie het dié franchise se moeder-unie, die Oostelike Provinsie, na ’n paar spelers uitgereik om aan te bly en vir die OP-Olifante te speel.

“Ek is beslis nie van plan om dit te doen nie. Die manier hoe dinge by die Kings geëindig het, laat ’n bitter smaak in die mond,” sê die 26-jarige De Wee.

“Daar is dan nie eens sekerheid of jou kontrak by die OP eerbiedig sal word nie. Dinge het al te veel keer hier in die Oos-Kaap skeefgeloop.”

Die hardwerkende slot sê hy het in elk geval “positiewe geluide” uit Engeland gehoor en hy oorweeg dit vir eers om dalk eerder ’n tydjie oorsee te gaan speel.

“Dit het vir my nog nooit net oor die geld gegaan nie. Ek het al voorheen aanbiedinge van oorsee gehad, wat ek van die hand gewys het,” sê De Wee.

“Toe ek ’n paar jaar gelede hier in die Oos-Kaap aangekom het, kon ek nie verstaan waarom ’n ou soos Schalk Ferreira so aangaan oor die plek nie.

“Die Oos-Kaap en sy mense het egter op my gegroei. Daar is nou ’n hele klomp mense hier wat vir my soos familie is.”

Hy het ook in die potensiaal van die Kings geglo, daarom het hy ’n langtermynkontrak onderteken, wat hom vir nog twee jaar by die franchise sou gehou het.

En toe, skielik, val alles uitmekaar. Maar De Wee is nie iemand wat net in ’n hoek gaan sit nie.

Hy is tans die Kings se verteenwoordiger by MyPlayers, die liggaam wat beroepspelers in die land se belange verteenwoordig, en hy is baie uitgesproke oor die wyse waarop die Kings-likwidasie hanteer is.

“Iemand moet verantwoording doen. Ons gaan nie toelaat dat hierdie ding net stilletjies oorwaai nie,” sê hy.

Hy oefen ook maar op sy eie sodat hy darem fiks sal wees indien hy iewers ’n speelkans kry.

Meer oor:  Pro14  |  Kings  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.