Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-breier Rassie wil Bulle óók afrig

Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby, kan in ’n verrassende wending by Loftus Versfeld die leisels neem, sou John Mitchell wel eersdaags sy tasse vir Engeland pak.

Loftus se redder? Rassie Erasmus het aangebied om tydelik John Mitchell se verwagte leemte by die Bulle te vul. Foto: Gallo Images

Mitchell, die Bulle se hoof van rugby, is nog nie vort Engeland toe nie, maar die Bulle het agter die skerms reeds ’n plan om toe te sien dat die span se voorbereiding vir 2019 se Superreeks nie op ’n krisis uitloop nie.

Daar word op goeie gesag verneem Erasmus, ook die Springbokke se hoofafrigter én Saru se direkteur van afrigting, het die Bulle onlangs genader en sy hulp aangebied nadat die Engelse Rugbyunie (RFU) se poging om Mitchell by dié franchise weg te rokkel, aan die lig gekom het.

Daar word verneem dat Erasmus se aanbod “baie goed ontvang is” onder die besluitnemers by Loftus.

Die voorstel is glo dat Erasmus reeds ná die Bokke se jaareindtoer by die Bulle aansluit.

Suid-Afrika se laaste toets word op 24 November teen Wallis in Cardiff beslis.

Erasmus kan glo tydelik die Bulle se afrigter word, ongeag of die Blou Bulle Maatskappy (BBM) teen die einde van die jaar ’n opvolger vir Mitchell aangestel het.

’n Rolspeler na aan die proses sê dit sal tot die Bulle en Erasmus se voordeel wees.

Rassie hou daarvan om nou betrokke te wees, soos wat vanjaar die geval was by die (Superrugby)-franchises.

“Rassie hou daarvan om nou betrokke te wees, soos wat vanjaar die geval was by die (Superrugby)-franchises.

“Hy gaan by Loftus saam met talle Bokke soos Warrick Gelant, Jesse Kriel, Handré Pollard, Embrose Papier, Ivan van Zyl, Duane Vermeulen, Lood de Jager, RG Snyman en Marco van Staden kan werk.

“En die Bulle het die voordeel om Rassie se kundigheid vir ’n ruk in spanverband in te span. Dit is ’n goeie aanbod, gegewe die onsekerheid wat daar tans by Loftus is.”

Erasmus het Saru glo reeds van die plan in kennis gestel.

Die Bok-breier het nie op ’n boodskap, waarin hy om kommentaar genader is, gereageer nie.

Daar is intussen groot afwagting by Loftus om die onderhandelings met die RFU op die spits te dryf.

Die RFU moet oordraggeld aan die BBM betaal omdat Mitchell se kontrak eers in Oktober 2019 eindig.

Sky Sports News berig die RFU is naby daaraan om dié 54-jarige oud-All Black-afrigter as die nuwe verdedigingsafrigter in Eddie Jones se afrigtingspan aan te stel, maar ’n finansiële ooreenkoms is nog nie bereik nie.

Die Bulle het die RFU glo onlangs in ’n prokureursbrief daarop gewys dat sy onderhandelings met Mitchell, terwyl hy nog by die Bulle gekontrakteer is, strydig is met die regulasies van die beheerliggaam van Wêreldrugby.

Meer oor:  Rfu  |  Rassie Erasmus  |  Bulle  |  John Mitchell  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.