Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-breiers het raak gevat met groentjies

Nes die kies van die Groen- en die Goud-span ’n fees was, verwag Swys de Bruin, voormalige Leeus-afrigter, dat Saterdag se tweestryd tussen dié Springbok-proefspanne ook ’n fees op die veld gaan wees.

De Bruin, wat tot voor verlede jaar se Wêreldbekertoernooi ’n Springbok-konsultant was, is opgewonde oor die jongelinge wat deur Jacques Nienaber, Bok-afrigter, en Rassie Erasmus, SA Rugby se direkteur van rugby, ’n kans gegee word.

“Rassie-hulle het nou wel die swaarder ouens en hulle gaan die lynstane probeer oorheers, maar dit lyk of albei spanne die kombinasies reg gekry het,” het De Bruin gesê.

“Veral as jy die min tyd wat hulle het om voor te berei vir die wedstryd in gedagte hou. Die meeste van hulle is ou, gesoute kombinasies wat al sedert hul junior dae saam speel of al saam gespeel het.

Volgens De Bruin gaan die tweestryd tussen die pak voorspelers kliphard wees, maar hy meen Deon Davids, Goud-afrigter, se span sal uiteindelik die kitaar slaan.

Die Goud-span het ’n goeie mengsel van Stormers- en Leeus-spelers in sy geledere, terwyl die Groen-span met die Bok-kaptein, Siya Kolisi, en -agtsteman Duane Vermeulen spog.

“In die laaste 20 minute sal dit die Goud-span wees wat die pap dik aan maak, maar ek dink die swaarder Groen-span sal aan die begin van die wedstryd sake dikteer.

“Dis ’n lekker groepie spelers wat Rassie-hulle bymekaar gekry het en hulle gaan lekker jol.

Swys de Bruin
Swys de Bruin

“Maar dis hoe Rassie werk. Hy kan ’n baie lekker ontspanne atmosfeer skep. Dis wat ek in my tyd met hom gesien het. Hy lag altyd, jy kan pret hê, maar hy weet ook wanneer om die toue styf te trek.

“Dis hoekom hy ’n Wêreldbeker as afrigter gewen het.”

De Bruin is veral opgewonde om te sien wat die Leeus se Gianni Lombard (Groen se heelagter) en Manuel Rass (senter van Goud) vir hul spanne kan doen.

Albei het onder hom gespeel toe hy die Johannesburgse span afgerig het.

“Gianni is maar nou eenmaal net ’n voetballer. Maak nie saak in watter posisie hy speel nie. Hy het vir ons as losskakel in Nieu-Seeland gespeel met Elton (Jantjies) op 12 en hy het goed gedoen.

“Toe hy vir Boishaai gespeel het, het hy ook in verskeie posisies uitgeblink. Manny Ras ook. Hy kom ook van Boishaai. Niemand ken hom regtig nie. Ek is egter baie gelukkig dat hulle nader getrek is.” Ek is egter baie gelukkig dat hulle die twee nader getrek het.” Die jong ouens wat nou ’n kans kry, dis ’n stap in die regte rigting.”

Volgens De Bruin moet die persoon agter die konsep vir die spelersloting ook ’n groot pluimpie kry omdat dit iets anders tot die kies van spanne gebring het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.