Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-brouwerk teen Rose ‘knaag’ Kolisi
Siya Kolisi, Franco Mostert, Damian de Allende en Ivan van Zyl vandeesweek op die oefenveld in Parys. Foto: Gallo Images

Plaaslike rugbylui is op die oog af nie baie optimisties oor Frankryk se kanse teen die Springbokke in Parys nie.

Dit is nie juis ’n verrassing nie met hulle span wat agtste op die wêreldranglys is en vroeër vanjaar sulke droewige vertonings in Nieu-Seeland teen die All Blacks gelewer het.

Springbok-ondersteuners sal ná die teleurstelling teen ’n gelapte Engelse span verlede Saterdag self taamlik skepties wees.

Siya Kolisi, die Bok-kaptein, sê dit pla ’n mens om so te verloor soos op Twickenham, toe die Engelse met 12-11 geseëvier het.

“Of dit nou met een of met 20 punte is, verloor is verloor. Ons het die laaste twee toetse met enkele punte verloor, maar dit maak dit nie makliker nie.

Ek moet eerlik wees, dit was moeilik om ná die tyd (op Twickenham) met die manne te gesels. Jy weet jy moet aanbeweeg, maar dit knaag aan ’n man.
Siya Kolisi

“Ek moet eerlik wees, dit was moeilik om ná die tyd (op Twickenham) met die manne te gesels. Jy weet jy moet aanbeweeg, maar dit knaag aan ’n man.”

Kortom, dit is soms beter om van die veld af te stap met die wete dat jy deur ’n beter span geklop is.

Dit is nou gedane sake en teen Frankryk is al die fokus daarop dat die Springbokke hulle toer op koers kry.

Volgens Kolisi gaan hulle, of dit nou reën of nie, nie afwyk van hul plan nie.

“Ons het daaroor gepraat die week, die twee nederlae beteken nie dat daar nou twyfel by ons is oor die pad vorentoe nie. Dit is nie asof ons ontspoor het nie.”

Die Springbokke het verlede jaar die laat afskop en koue in Parys te bowe gekom om met 18-17 te seëvier.Foto: Getty Images

En hulle benader ook nie die toets met die opvatting dat dit nie teen een van die topspanne op die wêreldranglys is nie.

“Dit is ’n nuwe Franse span en hulle het tuisveldvoordeel. Ons is nie tans in ’n posisie om enige span gering te skat nie.”

Kolisi sê hy is nie bekommerd dat sy span weer so versukkeld in die lynstane sal wees soos op Twickenham nie – al is hulle sonder die “veteraan”-slot Eben Etzebeth.

“Ons het hard gewerk daaraan. Dit was uiteindelik net vier keer wat ons besit verloor het, maar dit kon ’n hengse verskil aan die uitslag gemaak het. Ek dink ons het so ’n bietjie ritme en tydsberekening gekort.”

Die laat afskop om 21:05 (22:05 SA tyd) is ook nie ’n nadeel nie, sê die Bokke se leier.

“Ons pas ons roetine met ’n paar uur aan en ons het verlede jaar ook laat afgeskop in die toets hier, so dit is nie iets wat vreemd is vir ons nie.”

* Video-skakel na hoogtepunte van verlede jaar se toets in Parys: 

Meer oor:  Siya Kolisi  |  Frankryk  |  Suid-Afrika  |  Jaareindtoer  |  Springbokke  |  Hane  |  Stade De France  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.