Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok Coetzee benoem vir groot prys

Die Springbok-losvoorspeler Marcell Coetzee is benoem vir die Europese Klubrugby se Speler van die Jaar-eerbewys vir 2020.

Marcell Coetzee in aksie vir Ulster. Foto: Getty Images

Die 28-jarige Coetzee, wat vir Ulster in Ierland speel, is een van 15 benoemdes vir die eerbewys, berig rugby365.com.

Coetzee het kort voor verlede jaar se Wêreldbekertoernooi sy enkel beseer in die Bokke se Rugbykampioenskapstoets teen Argentinië op Loftus in Pretoria en het die WB-toernooi in Japan misgeloop.

Leinster het drie spelers onder die benoemdes – Tadhg Furlong, Jordan Larmour en Garry Ringrose – terwyl Racing 92 en die Exeter Chiefs ook drie spelers elk onder die benoemdes het.

Finn Russell, Teddy Thomas en Virimi Vakatawa is Racing se benoemdes, terwyl Exeter se Luke Cowan-Dickie, Stuart Hogg en Sam Simmonds die sterbelaaide lys gehaal het.

Twee spelers van Toulouse, Jerome Kaino en Romain Ntamack, het ook regmerkies langs hul name gekry om die lys te haal saam met Coetzee en sy spanmaat John Cooney, wat uitstaande was vir Ulster in die groepwedstryde van die Europese Kampioenebeker-reeks.

Die oud-Springbok-vleuel Bryan Habana is een van die beoordelaars.

So lyk die lys van benoemdes: Marcell Coetzee (Ulster), John Cooney (Ulster), Luke Cowan-Dickie, Sam Simmonds, Stuart Hogg, Garry Ringrose (almal Exeter Chiefs), Tadhg Furlong, Jordan Larmour (albei Leinster), Jerome Kaino, Romain Ntamack (albei Toulouse), George Moala (Clermont), Semi Radradra (Bordeaux Bègles), Finn Russell, Teddy Thomas, Virimi Vakatawa (almal Racing 92). – Sportredaksie

Meer oor:  Ulster  |  Marcell Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.