Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-debuut vir Herschel en Rynhardt

Herschel Jantjies en Rynhardt Elstadt maak albei Saterdag hul toetsbuigings vir die Springbokke in die Rugbykampioenskap-toets teen die Wallabies op Ellispark.

Herschel Jantjies. Foto: Gallo Images
Rynhardt Elstadt
Rynhardt Elstadt. Foto: Gallo Images

Jantjies was ’n uitblinker agter die Stormers se oond in vanjaar se Superreeks, terwyl Elstadt die oog getref het met sy spelpeil vir die Franse klub Toulouse. Elstadt begin as nr.6-flank.

Daar kan straks ook ’n derde debutant wees met die Bulle-stut Lizo Gqoboka wat op die plaasvervangersbank gekies is.

Daar is onder die plaasvervangers ook ’n terugkeer vir drie verlore seuns van Bok-rugby – Marcell Coetzee (losvoorspeler), Frans Steyn (veelsydige agterspeler) en Cobus Reinach (skrumskakel).

Die span word in Siya Kolisi se afwesigheid deur Eben Etzebeth aangevoer.

Die Springbok-span is: Warrick Gelant, Sbu Nkosi, Jesse Kriel, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Elton Jantjies, Herschel Jantjies, Francois Louw, Pieter-Steph du Toit, Rynhardt Elstadt, Lood de Jager, Eben Etzebeth, Trevor Nyakane, Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Schalk Brits, Lizo Gqoboka, Vincent Koch, Marvin Orie, Marcell Coetzee, Cobus Reinach, Frans Steyn, Dillyn Leyds.

Meer oor:  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.