Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-droom laat Wilco ‘nee’ sê vir miljoene
Wilco Louw

Die Springbok-trui – en nie euro’s of dollars nie – laat een van Suid-Afrika se belowendste stutte Wilco Louw se oë helder glinster.

Dié 21-jarige boorling van Ceres het vir miljoene rande meer per jaar ‘nee’ gesê in sy strewe om ’n Bok te word.

Hy beskou dit as so ’n saak van erns om sy land op die rugbyveld te verteenwoordig, dat Louw nie eens bereid was om die voormalige Bok-breier Jake White onlangs in Hermanus oor ’n moontlike skuif na die Franse klubspan Montpellier te besoek nie.

Hy het eerder besluit om sy kontrak met die Westelike Provinsie tot einde Oktober 2017 te verleng.

“As ek vir jou sê dat byna al die oorsese klubspanne in hom belanggestel het, oordryf ek nie,” sê sy agent Wim Meyer, ’n voormalige Blou Bul-vleuel.

“Die Bok-trui is ál wat vir Wilco saakmaak en hy is baie gelukkig in die Kaap. Dis ’n jammerte dat hy weens sy kniebesering, wat eintlik ’n fratsongeluk was, nie nou vir die Stormers kan speel nie. Maar hy oefen hard en sal later dié seisoen sy terugkeer maak.”

Rapport het onlangs berig dat die voormalige Junior Bok een van verskeie Suid-Afrikaanse stutte is wat sy loopbaan soos Jannie du Plessis (Montpellier), Steven Kitshoff (Bordeaux), Hond van der Merwe (Montpellier) en Wiehahn Herbst (Ulster) oorsee kan gaan voorsit.

Dit is juis bevestig dat twee Bulle Marcel van der Merwe en Werner Kruger oorsese kontrakte gesluit het. Van der Merwe is op pad Toulon toe en Kruger sal hom later vanjaar by die Walliese klubspan Llanelli Scarlets aansluit.

Sou die Bulle Vincent Koch nie kan oorreed om sy rugby ná vanjaar se Super-rugbyreeks op Loftus Versfeld te speel nie, sal dié Stormer-stut hom waarskynlik by Saracens aansluit. Koch moet nog ’n finale besluit oor sy toekoms neem.

* Nóg ’n Suid-Afrikaanse stut, Pat Cilliers, sal hom intussen later vanjaar by die gewese Bok-kaptein Jean de Villiers by die Engelse klubspan Leicester Tigers aansluit. Cilliers is tans nog een van White se gekontrakteerde spelers by Montpellier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.