Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-flank Cassiem pak sy ‘hartsvriende’

Hy kan nie wag om weer sy “Cheetahs-familie” te sien en in die geselskap van “hartsvriende” te wees nie.

Uzair Cassiem het die Southern Kings se verdedigers goed besig gehou tydens die spanne se kragmeting in Port Elizabeth vroeër dié seisoen. Foto: Gallo Images

So sê die Springbok-losvoorspeler Uzair Cassiem, wat deesdae sy rugby vir die Scarlets in die Pro14-kompetisie speel en Sondag teen sy ou span, die Cheetahs, in Llanelli speel.

Nog ’n oud-Cheetah, die heelagter Clayton Blommetjies, speel ook vir dié Walliese span en het in ses van die span se 15 Pro14-wedstryde dié seisoen gespeel, teenoor Cassiem se vier.

Dit gaan baie lekker wees om weer die Cheetahs-familie te sien; almal is hartsvriende.
Uzair Cassiem

Dit is die eerste keer sedert Cassiem die Cheetahs aan die einde van verlede seisoen verlaat het dat hy teen hulle sal speel. Sy laaste wedstryd vir die Cheetahs was juis teen die Scarlets, om ’n plek in halfeindronde.

“Dit gaan baie lekker wees om weer die Cheetahs-familie te sien; almal is hartsvriende,” laat weet hy uit Swansea, waar hy woon.

Dié 28-jarige boorling van die Strand het verlede week in die Scarlets se nederlaag van 19-25 teen Treviso die eerste keer in twee en ’n half maande speelkans gekry, nadat hy van ’n beenbesering herstel het.

Uzair Cassiem trek verlede seisoen vir die Cheetahs op een van sy stormlopies teen die Cardiff Blues in Bloemfontein los.Foto: Gallo Images

“Die beseringspook pla my so ’n bietjie die seisoen, maar ek bly positief, wat anders kan ek doen? Ek is nog positief oor wat vir my voorlê by die Scarlets,” sê hy.

Cassiem, bekend vir sy kraglopies en sy vurige spel, glo nie hy het enigiets om te bewys teen sy ou spanmaats nie.

“Ek is op ’n goeie voet weg by die Cheetahs. Al wat ek Sondag wil doen, is om my op die veld te geniet.”

Hy gee toe hy was die afgelope naweek teen Treviso nog so ’n bietjie verroes, maar hy hoop om teen die Cheetahs ’n beter vertoning te lewer.

“Albei spanne weet dat hierdie wedstryd baie beteken wat die verloop van die seisoen betref, met die uitspeelwedstryde wat al hoe nader kom. Dié gaan ’n taai wedstryd wees en mag die beste span wen,” sê Cassiem.

Meer oor:  Scarlets  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Uzair Cassiem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.