Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Brits bevestig Stormers-skuif in 2019

Hy kom om te baklei vir ’n plek in die Stormers se beginspan, nie om elke nou en dan as plaasvervanger te speel nie.

Dit was Donderdag die boodskap van Schalk Brits nadat hy in ’n eksklusiewe onderhoud met Netwerk24 amptelik bevestig het dat hy na die Westelike Provinsie terugkeer.

Schalk Brits hoop hy kan ’n plek in die Bokke se Wêreldbeker-span oopspeel met goeie vertonings in ’n Stormers-trui volgende jaar. Foto: Gallo Images

Brits (37) gaan aanstaande jaar vir die Stormers in die Superreeks speel om sy aanspraak op ’n plek in die Springbok-groep vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi te verstewig.

“Ek wil hard druk vir ’n posisie en die afrigters ’n kopseer gee oor wie hulle gaan kies. Daarmee saam wil ek waarde op en weg van die veld toevoeg. Ek kom beslis nie vir die geld nie,” het Brits gesê.

“As iemand anders haker speel, wil ek hom ook graag ondersteun. Ek sou dieselfde van hom verwag as ek begin. Dis ’n spansport.”

Brits gaan na verwagting met Bongi Mbonambi en Scarra Ntubeni om die Stormers se nr.2-trui meeding. Ramone Samuels is op die langtermyn-krukkelys met ’n erntige kniebesering.

Indien die nood druk, kan Brits ook as ’n losvoorspeler ingespan word.

Volgens Brits het hy reeds vroeg in Oktober met die WP ooreengekom dat hy vir die Stormers gaan speel.

“Ek sien ’n groot toekoms hier. Die spelers lyk ongelooflik en as jy die Springbokke by die Curriebeker-span voeg, is daar vir seker die potensiaal om sukses te behaal,” het hy gesê.

Brits, wat onverwags deur die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, tydens Junie se toetsreeks teen Engeland betrek is nadat hy reeds sy uittrede aangekondig het, hoop hy kan by die Stormers ’n ewe goeie impak agter die skerms as by die nasionale span maak.

“Ek probeer deur my ervaring spelers help – in watter hoedanigheid ek ook al kan,” het hy gesê.

Brits sal sy stewels vir goed ophang ná aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan. Hy begin daarna vir die beleggingsmaatskappy Remgro werk.

Meer oor:  Schalk Brits  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.