Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok Ivan dra oplaas Bulle se nr.9-trui
Ivan van Zyl in aksie in die Blou Bulle se Curriebeker-stryd teen die Leeus. Foto: Gallo Images

Die Springbok-skrumskakel Ivan van Zyl kry Vrydagaand op Loftus Versfeld sy eerste kans in die Blou Bulle se beginspan wanneer hulle in die Curriebeker-kompetisie teen die Pumas te staan kom.

Van Zyl het die laaste paar wedstryde op die plaasvervangerbank gesit, met André Warner wat voorkeur gekry het.

Hanro Liebenberg, die Bulle se kaptein, wat Saterdag se kragmeting met Griekwas weens griep misgeloop het, is weer op die been en voer weer die span aan. Hy vervang Jano Venter in die beginspan.

JT Jackson maak in die middelveld plek vir Johnny Kotze en Dayan van der Westhuizen is die nuwe vaskopstut in die beseerde Trevor Nyakane (harsingskudding) se plek.

* Blou Bulle: Divan Rossouw, Jade Stighling, Johnny Kotze, Franco Naudé, Duncan Matthews, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Hanro Liebenberg (k), Nic de Jager, Ruan Steenkamp, Eli Snyman, Hendré Stassen, Dayan van der Westhuizen, Jaco Visagie, Matthys Basson. PLAASVERVANGERS: Edgar Marutlulle, Conraad van Vuuren, Ruan Nortjé, Jano Venter, André Warner, Tinus de Beer, Dylan Sage.

Meer oor:  Ivan Van Zyl  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.