Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-legende se lewe Vrydag gedenk

Die gedenkdiens vir prof. Johan Claassen, die voormalige Springbok-kaptein, -afrigter, -bestuurder en -keurder, vind Vrydag om 12:00 by die Moreleta-gemeente se mini-ouditorium in De Villebois Mareuil-rylaan in Pretoriuspark, Pretoria plaas.

Wyle Johan Claassen. Foto: Argief

Claassen is Sondag in die ouderdom van 89 jaar in die Jakarandastad dood.

Benewens sy bydrae tot Bok-rugby het hy diep spore in Wes-Transvaalse rugby getrap.

Hy het 105 wedstryde vir dié provinsie gespeel en was later ook president van die unie.

Claassen het tussen 1955 en 1962 in 28 toetse vir die Bokke uitgedraf. – Sportredaksie

Meer oor:  Oorlede  |  Gedenkdiens  |  Johan Claasen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.