Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-losskakel drie weke geskors
’n Eensame Robert du Preez ná sy rooikaart verlede Saterdag. Foto: Getty Images

Robert du Preez, Springbok-losskakel van die Sale Sharks in Engeland, is vir drie weke vir ’n boorvat geskors, sê die Engelse Rugbyunie in ’n verklaring.

Du Preez, wat een toets op sy kerfstok het – hy was ’n plaasvervanger in Suid-Afrika se toets teen Wallis in Washington in 2018 – het Saterdag ’n rooikaart gekry in die 23ste minuut van die Sale Sharks se wedstryd teen Gloucester.

Hy het in sy verhoor erken dat hy skuldig aan vuilspel was en is gevolglik ’n skorsing van drie weke deur ’n onafhanklike tugkomitee opgelê.

Du Preez mag op 18 Mei weer speel. Hy sal Sale se komende kragmetings met die Worcester Warriors, Leicester Tigers en Bath misloop.

Dié skorsing kom op ’n slegte tyd vir Sale, wat met nog ses ligawedstryde oor in die vyfde plek op die puntelys is.

Meer oor:  Skorsing  |  Robert Du Preez  |  Sale Sharks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.