Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok Marcell Maandag amptelik ’n Bul?
Die foto van Marcell Coetzee, verlede jaar op Loftus Versfeld teen die Poemas in aksie, wat die Bulle op Twitter ’n bietjie gedokter het om voorbrand te maak vir die aankondiging oor die koms van ’n “groot vis”. Foto: Gallo Images

Meer as sewe maande nadat daar vir die eerste keer bespiegel is dat die Springbok-losvoorspeler Marcell Coetzee in die Bulle se visier is, blyk dit dat hy nou pen op papier by die Ligbloues gesit het.

Die Bulle het op hul amptelike Twitter-rekening ’n foto geplaas van ’n Springbok-speler wie se gesig deur ’n geskenk verbloem is met die boodskap dat daar Maandag ’n laat Kersgeskenk vir ondersteuners gaan wees en dat dit die grootste naam is wat vanjaar Bulle toe gelok is.

’n Paar van die Bulle se flink ondersteuners op sosiale media het hul lyf speurder gehou en die oorspronklike foto van die Bok, wat geneem is in ’n toets teen Argentinië verlede jaar, opgespoor. Die speler in dié foto is Coetzee, wat die laaste klompie jare vir die Ierse span Ulster speel.

Coetzee, wat verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi weens ’n besering misgeloop het, was die afgelope Europese seisoen Ulster se Speler van die Seisoen en het dié span gehelp om die eindstryd van die Pro14-reeks te haal.

Indien dit wel Coetzee is wat Loftus toe kom, sal Jake White (die Bulle se hoofafrigter) ’n oorvloed Bok-losvoorspelers tot sy beskikking hê. Die Bulle het reeds vir Duane Vermeulen, Arno Botha, Marco van Staden en Nizaam Carr op hul boeke.

Coetzee was lank ’n staatmaker vir die Haaie voordat hy sy loopbaan in Ulster gaan voortsit het. Daar is sy loopbaan die eerste paar seisoene deur langtermynbeserings ontwrig. – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  Jake White  |  Marcell Coetzee  |  Springbok  |  Curriebeker-Reeks  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.