Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok Marcell terug, lei Bulle teen WP

Nadat hy weens siekte nie vir die Blou Bulle kon uitdraf in hul oorwinning oor die Leeus die afgelope Sondag nie, is die Springbok-losvoorspeler Marcell Coetzee terug op sy pos om die Westelike Provinsie op Nuweland die stryd aan te sê.

Marcell Coetzee verlede maand in ’n Curriebeker-stryd teen die Pumas in aksie. Foto: Gallo Images

Coetzee sal voor draf nadat Jake White, die Bulle se hoofafrigter, verlede week inderhaas planne moes maak om sy lostrio te wysig.

Nie net moes Coetzee hom verlede week ter elfder ure aan die Bulle se span onttrek nie, Nizaam Carr het kort voor die wedstryd ook ’n ligte besering opgedoen.

Gevolglik is nog ’n Springbok, Arno Botha, toe saam met Muller Uys en Elrigh Louw in die lostrio ingespan.

Coetzee sal in Kaapstad nou met Uys en Louw kombineer, terwyl Carr ook herstel het en die plaasvervanger-losvoorspeler op die bank is.

White het ook besluit om ’n nuwe stel stutte in die begin-vyftiental in te span. Gerhard Steenekamp en Mornay Smith vervang vir Simphiwe Matanzima en Jacques van Rooyen.

Die loskopstut Lizo Gqoboka, wat vlugtig by die Bok-groep was, is op die Bulle se plaasvervangerbank ingesluit.

White het ná verlede week se sukses (die Ligbloues het die Leeus oortuigend met 40-21 verslaan) besluit om met die senterpaar van Harold Vorster en Lionel Mapoe (albei oud-Leeus) te volhard, wat beteken dat Cornal Hendricks weer op regtervleuel gaan diens doen.

• Die Bulle se span is: David Kriel, Cornal Hendricks, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Richard Kriel, Johan Goosen, Zak Burger, Elrigh Louw, Muller Uys, Marcell Coetzee (k), Ruan Nortjé, Walt Steenkamp, Mornay Smith, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Schalk Erasmus, Lizo Gqoboka, Jacques van Rooyen, Janko Swanepoel, Nizaam Carr, Keagan, Chris Smith, Sibongile Novuka. – Sportredaksie

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Bulle  |  Marcell Coetzee  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.