Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok Nkosi nou ook in Roc Nation se stal

Nóg ’n Wêreldbeker-Springbok het hom by die agentskap Roc Nation aangesluit.

Sbu Nkosi druk ’n drie vir die Haaie in die Curriebeker-eindstryd teen die Bulle. Foto: Gallo Images

Die 25-jarige Haaie-vleuel Sbu Nkosi is nou die vierde Bok wat op die boeke is van dié internasionale firma, wat na bekendes se kommersiële sake omsien. Siya Kolisi, Cheslin Kolbe en Beast Mtawarira is ook reeds in die Roc Nation-stal, terwyl daar ook al berig is dat Bongi Mbonambi in dié agentskap se visier is. Die Protea-snelbouler Lungi Ngidi is ook ’n kliënt van Roc Nation.

Roc Nation sal Nkosi se loopbaan “op en weg van die veld” bestuur, lui ’n verklaring.

“Sbu is ’n opwindende en talentvolle rugbyspeler met ’n blink toekoms,” sê Michael Yormark, die president van Roc Nation Sports International. Yormark is ook deel van die Amerikaanse konsortium MVM Holdings, wat vroeër vanjaar ’n beherende aandeel in die Haaie bekom het.

“Gegewe sy loopbaan-aspirasies en -ambisies, glo ons Roc Nation Sport is die perfekte vennoot om hom te help om sy doelwitte op en weg van die veld te bereik.”

Nkosi sê hy het ’n onlesbare dors om beter te word.

“Beter vir my land, vir haar mense, beter vir my familie en beter vir almal. Ek is geërd oor die verantwoordelikheid en opgewonde oor die vennootskap,” sê Nkosi.

Meer oor:  Sbu Nkosi  |  Haaie  |  Springbok  |  Roc Nation  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.