Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-rapport: Eben se mylpaal-skande
Johan Goosen druk die Bokke se tweede drie nadat hulle besit omgekeer het. Foto: Getty

Johan Goosen 6:  Hy was die beste van die Bok-agterspelers. Sy selfvertroue is duidelik aan die verbeter. Sy spel onder die hangskoppe is wel nog nie op peil nie.

Bryan Habana 5: Nie sy beste vertoning nog onder die hangskoppe nie. Hy het wel ‘n hoë werkverrigting gehad, maar sal ’n groter invloed as die mees ervare speler in die agterlyn moet hê.

Jesse Kriel 5: Bestendig, maar nie skouspelagtig nie. Hy kan tevrede voel, maar dis sy taak om meer geleenthede vir sy vleuels te skep. 

Juan de Jongh 5: Sy kommunikasie was baie goed. Hy het meer goeie as slegte dinge gedoen, hoewel hy soms individuele foute gemaak het. 

Francois Hougaard 5: Hy het sy insluiting met ’n bestendige vertoning geregverdig. Sy werkverrigting was goed. Hopelik kry hy in die toekoms beter besit op die aanval. 

Elton Jantjies 4: Ongelukkig dikteer hy nie die wedstryd nie. Dit lyk byna of hy bang is dat hy foute kan begaan. Sy taktiese skopwerk is nie goed nie. 

Faf de Klerk. Foto: Getty

Faf de Klerk 5: As daar een speler is wat altyd sy beste gee, is dit hy. Hy moet egter verseker dat hy eerstens die basiese dinge van ’n skrumskakel reg doen.  

Warren Whiteley 6: Dalk het iemand in sy oor gefluister dat hy in aanmerking is om die volgende Bok-kaptein te word. Hy het die veld vol gespeel en sal meer uitstaan in ’n beter lostrio-kombinasie. 

Oupa Mohoje 5: Hy ryg die duikslae in, maar sukkel om as baldraer oor die voordeellyn soos ’n Duane Vermeulen of Willem Alberts te kom. Dis ’n bekommernis. 

Francois Louw 5: Nie sleg nie, maar ook nie goed nie. Sy eerste 40 minute was dalk sy beste van die seisoen. Hy is steeds nie beter as Jaco Kriel nie. 

Lood de Jager 5: Nog nie die speler van verlede jaar nie, maar sy lynstaanspel is baie werd vir die Bokke. Hy sal nietemin sy sokkies moet optrek.

Eben Etzebeth verloor sy trui in 'n onderonsie. Foto: Getty

Eben Etzebeth 4: Vurig met tye en woelig in die vastelos, maar sy geelkaart is onverskoonbaar. Hy moes beter in sy 50ste toets geweet het. 

Lourens Adriaanse 5: Sy werkverrigting in die vastelos is hoog. Sy basiese vaardighede is goed. Hy verdien nog ’n kans in die beginspan.   

Adriaan Strauss 6: Dit was sonder twyfel sy beste toets as kaptein gewees. Hopelik gee die vertoning hom selfvertroue en sien ons sy heel beste in Christchurch. 

Tendai Mtawarira 5: Die veteraan beweeg steeds op dun ys. As ’n senior is dit nie net goed genoeg van hom om net die basiese dinge van ’n stut reg te doen nie. Hy moet meer doen. 

PLAASVERVANGERS:

Bongi Mbonambi 5: Hy het gewoel in die paar minute wat hy gespeel het.  

Trevor Nyakane 4: Sy tegniek op vaskopstut was onder die vergrootglas.

Steven Kitshoff 5: Hy het soos in sy vorige toetse groot impak gemaak.

Franco Mostert was een van verskeie plaasvervangers wat moes help met die Bokke se reddingspoging. Foto: Getty

Franco Mostert 6: Ná die vertoning sal hy moeilik as ’n plaasvervanger weggelaat kan word.

Pieter-Steph du Toit 5: Hy verdien ’n kans in die beginspan.

Jaco Kriel 5: Hy beweeg ’n tree vinniger as Francois Louw oor die veld.

Morné Steyn 5: Niemand sal vandag sê dat hy die swakste losskakel in die land is nie.

Lionel Mapoe: Hy het te min kans gekry om hom te beoordeel. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.