Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-Rapport: Suid-Afrika t. Wallis

Ons gee elke Bok ’n punt uit 10 ná hul vertoning in Saterdag se toets teen Wallis in Washington.

CURWIN BOSCH 4 /10 

Beperkte geleenthede in sy debuut. Skop bal regstreeks uit die eerste keer wat hy dit hanteer, maar het darem ‘n slag die hoë bal goed beheer.

TRAVIS ISMAIEL 5 /10

Druk wel ‘n onderskepdrie maar ‘n slag nie goed onder ‘n hoë skop nie.

JESSE KRIEL 6 /10

Ook maar aanvanklik stil, maar kom meer tot sy reg in tweede helfte.

ANDRÉ ESTERHUIZEN 7 /10

Was een van die min Bokke wat werklik bevredigend was met sterk lopies en goeie spel.

MAKAZOLE MAPIMPI 6 /10

Ook ‘n driedrukker en soek gereeld werk.

ELTON JANTJIES 6 /10

Sy skopwerk na die pale was goed en hy was in die geheel bestendig.

IVAN VAN ZYL 6 /10

Maak baie gebruik van lugskoppe in die nat toestande en sy aanvalsgeleenthede was taamlik beperk.

DAN DU PREEZ 4 /10

Was ook maar besonder stil en kon ‘n slag nie ‘n afskop beheer nie.

OUPA MOHOJE 6 /10

Het ‘n paar goeie dinge gedoen en was die prominentste van die losvoorspelers.

KWAGGA SMITH 5 /10

Ná stillerige eerste helfte veel meer prominent in tweede helfte.

PIETER-STEPH DU TOIT 7 /10

Was daar in die hitte van die stryd en doen goeie dinge.

JASON JENKINS 6 /10

Een van die meer prominente spelers in die eerste helfte en voer ‘n  paar goeie duikslae uit.

WILCO LOUW 5 /10

Het stewig geskrum maar andersins nie veel kans gekry nie.

CHILIBOY RALEPELLE 5 /10

Doen ‘n paar goeie dinge en sy ingooiwerk by lynstane ook bestendig.

OX NCHE 4 /10

Het ‘n stillerige toets beleef en die bal net by enkele geleenthede gedra.

PLAASVERVANGERS

AKKER VAN DER MERWE 5 /10

Doen een of twee goeie dinge.

STEVEN KITSHOFF 6 /10

Help ook skrumwerk stewiger vertoon en kry goeie lopies in.

THOMAS DU TOIT 6 /10

Skrum stewig en was opsigtelik.

MARVIN ORIE 7 /10

Steel twee lynstaanballe en maak stewige debuut.

SIKHUMBUZO NOTSHE 5 /10

Kry ook by geleenthede goeie lopies in.

EMBROSE PAPIER 5 /10

Een stewige lopie teen einde van wedstryd, maar nie lank genoeg op veld om werklik beoordeel te word nie.

ROBERT DU PREEZ 4 /10

Twee foute in een beweging wat tot die wendrie vir Wallis lei.

WARRICK GELANT 7 /10

Veel meer ondernemend op heelagter en goed onder hoë bal.

Meer oor:  Wallis  |  Bokke  |  Washington  |  Springbokke  |  Bok-Rapport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.