Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-senters bly ná WB aan in Japan

Die Springbok-senterpaar, Damian de Allende en Jesse Kriel, kan albei ná vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Japan agterbly. ’n Derde Bok, Jason Jenkins, sal ook volgende jaar sy salaris in Japan verdien.

Die gerug loop sterk dat Damian de Allende ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan gaan speel. oto: Getty Images
Jesse Kriel tydens ’n oefensessie in Cardiff. Foto: Gallo Images

Die 27-jarige De Allende sal volgende jaar se Superreeks vir die Stormers misloop. Hy sal van Januarie tot Mei deur Robbie Deans by die Japanse klubspan Panasonic Wild Knights afgerig word.

Die 25-jarige Kriel het reeds aan die Bulle en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) aangedui dat hy ’n goeie aanbod het om in Japan te gaan speel. Rapport se inligting is dat hy op die punt staan om sy Japanse kontrak te teken. Een van die ingeligtes met wie Rapport die week gepraat het, het gesê Kriel sal volgende jaar “vir seker” in Japan speel.

Kriel en De Allende moet hul toekomsplanne aan Saru bekend maak omdat albei nasionale kontrakte het wat eers in Oktober verstryk.

Goeie nuus vir die Bulle is dat Jean Droste, voormalige veelsydige voorspeler van die Haaie, volgende week sy skuif na Pretoria kan bevestig. – 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.