Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-skrumskakel groet die Saints
Cobus Reinach (middel) is een van die Northampton Saints se ster-spelers. Foto: Getty Images

Die Northampton Saints het bevestig die Springbok-skrumskakel Cobus Reinach verlaat die Engelse klub aan die einde van die seisoen.

Rapport het in Desember berig Reinach se skuif na die Franse klubspan Montpellier is byna ’n uitgemaakte saak.Hy sal by Montpellier Handré Pollard se skakelmaat wees nadat hy onder meer aan die klub se kriteria voldoen het as Ruan Pienaar se opvolger.

Chris Boyd, Saints se direkteur van rugby, het destyds met verwysing na Reinach se skuif in ’n koerantonderhoud gesê waar daar ’n rokie trek, brand ’n vuurtjie.

Die 29-jarige Wêreldbekerwenner, wat Superrugby vir die Haaie gespeel het, het hom in 2017 by die Saints aangesluit en 29 drieë in 70 wedstryde in Engeland aangeteken.

Reinach se internasionale loopbaan het ook weer vlam gevat nadat hy ’n rits pryse in die Engelse Premierliga gewen het en was deel van die Bokke se suksesverhaal in 2019.

“Ek geniet dit om vir Saints te speel en in Northamptonshire te woon,” sê hy.

“Ons het ’n fantastiese groep afrigters, personeel en spelers wat volgens my groot titels kan wen, so dit was nie ’n maklike besluit nie.

“Dankie vir die afgelope drie seisoene, ek koester ’n spesiale plek vir Saints in my hart en sien daarna uit om my alles te gee sodat ons die seisoen met silwerware kan afsluit.”

Boyd is vol lof vir Reinach.

“Hoewel ons teleurgesteld is om ’n speler van Cobus se gehalte te verloor, respekteer ons dit dat hy in die laaste jare van sy beroepsloopbaan ’n besluit geneem het met die langtermyntoekoms van sy gesin in gedagte,” sê Boyd.

“Saints se ondersteuners is mal daaroor om hom te sien speel. Hy het hulle oor die jare heen ’n klomp onvergeetlike oomblikke hier by Franklin’s Gardens verskaf.

“Cobus plaas al sy fokus en energie daarin om te verseker Northampton is suksesvol in die tweede helfte van die seisoen. Ons wens hom alles van die beste toe daarna.”

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.