
Die Springbok-skrumskakel Herschel Jantjies gaan nie Saterdag vir die Westelike Provinsie teen die Leeus op Ellispark speel nie. Foto: Gallo Images
Die Springbok-skrumskakel Herschel Jantjies is vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Leeus op Ellispark uit die Westelike Provinsie se rugbyspan gelaat.
Godlen Masimla sal in die nr. 9-trui begin, terwyl Paul de Wet die skrumskakel op die plaasvervangersbank is.
John Dobson, die WP se afrigter, hou later Woensdag ’n nuuskonferensie waarop hy die sluier sal lig oor of dit bloot ’n geval van rotasie is en of die besluit op grond van spelpeil geneem is.

Godlen Masimla gaan teen die Leeus op Ellispark agter die WP se oond wees. Foto: Gallo Images
Daar is wel uit die WP-kamp aan Netwerk24 gesê dat Jantjies nie ’n besering het nie.
Tim Swiel sal Masimla se skakelmaat wees nadat Damian Willemse heelagter toe geskuif is weens die ernstige kniebesering wat Warrick Gelant opgedoen het.
Ruhan Nel is op buitesenter gekies en Dan du Plessis skuif gevolglik binnesenter toe. Dit beteken dat Rikus Pretorius onder die plaasvervangers tel.
• Westelike Provinsie: Damian Willemse, Seabelo Senatla, Ruhan Nel, Dan du Plessis, Angelo Davids, Tim Swiel, Godlen Masimla, Juarno Augustus, Ernst van Rhyn, Siya Kolisi (k), JD Schickerling, Salmaan Moerat, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Ali Vermaak, Neethling Fouché, David Meihuizen, Marcel Theunissen, Johan du Toit, Paul de Wet, Tristan Leyds, Jaco Coetzee, Kade Wolhuter, Rikus Pretorius.