Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-slot Etzebeth draf uit op flank

Die Springbokslot Eben Etzebeth het Sondag die eerste wedstryd van sy loopbaan op steelkantflank begin.

Eben Etzebeth (regs) het die afgelope naweek sy veelsydigheid uitgestal. Foto: Getty Images

SuperSort berig Etzebeth, wat die Wêreldbekertitel in 2019 saam met die Bokke verower het, het aan die kant van die skrum gesak in sy Franse klubspan Toulon se Top 14-oorwinning met 35-13 teen Stade Francais.

Patrice Collazo, die tuisspan se afrigter, het Etzebeth minute voor die afskop na flank geskuif nadat Swann Rebbadj hom tydens opwarming beseer het.

Etzebeth het die volle 80 minute gespeel en skaflik vertoon in sy 20ste wedstryd vir Toulon.

• Etzebeth se Suid-Afrikaanse landgenoot Cheslin Kolbe het Saterdag sy terugkeer van ’n besering gemaak.

Dié Bok-vleuel het sy klubspan Toulouse gehelp om weer die boonste plek op die Top 14-punteleer in te neem deur Agen met 59-0 af te ransel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Cheslin Kolbe  |  Toulon  |  Bokke  |  Eben Etzebeth  |  Toetsrugby  |  Top 14  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.