Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-slot Lood dalk lank op kantlyn

Die uitslae van ’n skandering vandeesweek sal bepaal wanneer die Springbok-slot Lood de Jager hom by die Engelse rugbyklub Sale in Manchester gaan aansluit.

Lood de Jager hou sy skouer vas nadat hy in die WB-eindstryd beseer is. Foto: Getty Images

Die 26-jarige De Jager se Wêreldbeker (WB)-eindstryd teen Engeland is Saterdag in Jokohama in die 21ste minuut met ’n skouerbesering kortgeknip. Franco Mostert het hom in die kragmeting vervang wat die Bokke met 32-12 gewen het.

Die verwagting is dat De Jager hom eers volgende jaar by sy nuwe klub sal aansluit. Volgens rugbypass.com kan die slot ’n hele rukkie op die kantlyn wees.

De Jager was sedert November 2016 by die Blou Bulle.

Sale se afrigter, Steve Diamond, het bevestig dat De Jager Woensdag ’n skandering sou ondergaan.

“Ons kyk waarskynlik na ’n operasie wat hom drie of vier maande uit aksie sal hou.”

De Jager het in die WB-toernooi sy plek tot in die beginspan vir die eindstryd oopgespeel. Die eindstryd was De Jager se 45ste toets.

Die Bok-skrumskakel Faf de Klerk is intussen twee weke verlof deur Diamond gegun. Dié breier verwag dat De Klerk, sowel as Engeland se Tom Curry en Mark Wilson met hulle Europese Kampioenebeker-tuiswedstryd op 24 November teen La Rochelle terug op hul pos sal wees.

Sale spog met ’n rits Springbokke en Suid-Afrikaners.

Benewens De Klerk, is Coenie Oosthuizen, Rohan Janse van Rensburg, Robert du Preez, Jean-Luc du Preez, Dan du Preez, Akker van der Merwe en Jono Ross almal by dié klub. – Sportredaksie

Meer oor:  Besering  |  Bokke  |  Lood De Jager  |  Springbokke  |  Sale  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.