Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-span: Rassie pos Elton en Bongi
Malcolm Marx is terug in die Bokke se beginspan nadat hy teen die Wallabies ’n plaasvervanger was. Foto: Getty Images

Steven Kitshoff het sy neus vir eers voor in sy onderlinge wedywering met Beast Mtawarira om die Springbokke se nommereen-trui.

Steven Kitshoff het sy plek in die Bokke se opdrafspan behou ná ’n goeie vertoning teen Australië in Brisbane. Foto: Getty Images

Dié vriendelike rooikopstut het sy plek in die beginspan behou vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Wellington. Dis die tweede agtereenvolgende naweek wat Kitshoff begin en Mtawarira op die bank sit.

Kitshoff speel al die hele seisoen kookwater-rugby. Hy sal nie net aan sy plek in die beginspan wil vasklou nie, maar dit so moeilik as moontlik vir sy afrigter, Rassie Erasmus, wil maak om hom teen die All Blacks te vervang.

Mtawarira het ’n goeie reeks teen Engeland beleef, maar hyself sal erken hy was nie aan die brand teen Argentinië in Mendoza nie.

Kitshoff, Malcolm Marx en Frans Malherbe vorm die voorry teen die Kiwi’s.

Marx is saam met Handré Pollard en Lukhanyo Am die drie veranderinge aan die beginspan. Daar is ook ’n posisionele skuif aangebring met Jesse Kriel wat van buitesenter na regtervleuel in die beseerde Makazole Mapimpi se plek skuif.

Handré Pollard kry ondanks sy gesukkel met die skopstewel weer kans in die Bokke se begin-vyftiental. Foto: Gallo Images

Bongi Mbonambi en Elton Jantjies vervang Marx en Pollard op die bank, terwyl Ross Cronjé ten koste van Embrose Papier gekies is.

Erasmus het met die aankondiging van sy 23-tal gesê sy spelers sal hul foute moet beperk as hulle ’n goeie uitslag teen die All Blacks wil behaal.

“Om ons dissipline te handhaaf en besit te behou, sal die sleutels tot sukses wees, want Nieu-Seeland se vermoë om aan te val met omgekeerde balbesit is welbekend.

“Dit beteken dat ons geduldig moet wees, ons besluitneming moet goed wees en ons moet punte aanteken wanneer geleenthede daarvoor geskep word. Die tradisionele wedywering tussen die twee lande beteken dat ons ’n groot fisieke stryd kan verwag.”

* Die Bok-beginspan draf met 426 toetse se ervaring op die veld. Daarvan het die agterlyn in 171 gespeel en die voorspelers in 255. Die spelers op die bank het saam in 235 toetse gespeel.

Die Bok-span: Willie le Roux (47 toetse), Jesse Kriel (33), Lukhanyo Am (5), Damian de Allende (31), Aphiwe Dyantyi (6), Handré Pollard (32), Faf de Klerk (17), Warren Whiteley (20), Pieter-Steph du Toit (39), Siya Kolisi (k, 34), Franco Mostert (23), Eben Etzebeth (70), Frans Malherbe (22), Malcolm Marx (17), Steven Kitshoff (30). PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi (19), Tendai Mtawarira (104), Wilco Louw (9), RG Snyman (5), Francois Louw (60), Ross Cronjé (10), Elton Jantjies (27), Cheslin Kolbe (1).

Rugbykampioenskap: Bepalings

Rugbykampioenskap: Puntelys

Rugbykampioenskap: Uitslae

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Steven Kitshoff  |  Rassie Erasmus  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.