Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-ster Marx gekant teen skuif na flank

Malcolm Marx is dolgelukkig op haker.

Stuff berig die Nieu-Seelandse media het die Springbok-staatmaker Dinsdag gepols oor ’n voorstel dat hy aan die kant van die skrum moet sak.

Malcolm Marx oefen Dinsdag saam met sy Bok-spanmaats by Porirua Park in Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Marx sê hy oorweeg nie ’n posisionele skuif nie, al meen die oud-Bokhaker James Dalton in ’n rubriek vir SA Rugby Mag die 25-jarige speler sal ’n bate vir die Bokke op flank wees, ’n posisie wat hy op hoërskool gespeel het.

“Ek het op skool in die nr. 6-trui uitgedraf, dit is nogal lank terug. Maar nee, ek oorweeg dit nie,” sê Marx.

“Ek is mal oor haker, om eerlik te wees is ek mal daaroor om in die hitte van die aksie te wees.

“Ek is nie seker wie daardie artikel geskryf het nie, maar ek dink nie ek sal goed vaar op flank nie.”

Dalton, wat tussen 1994 en 2002 in 41 toetse vir die Bokke uitgedraf het, het verlede maand ’n beroep gedoen dat Marx na flank skuif om die span se diepte in daardie posisie aan te vul.

Marx in aksie vir die SA Skolespan in 2012. Foto: Gallo Images

“Ons het gehalte diepte op haker met Schalk Brits en Bongi Mbonambi, maar ’n vakature op oopkantflank, waar die nr. 6-spelers se rolle die afgelope paar jaar nie duidelik gedefinieerd was nie,” het Dalton geskryf.

“Marx kan die Sam Cane-rol vir Suid-Afrika vervul, die spesialis-oopkantflank, wat sake vir teenstanders by losskrums bemoeilik, ’n faset van die spel vanwaar die meeste aanvallende spel sy oorsprong het.

“Met Marx op flank skep ’n mens ook meer opsies in die begin-pak en op die plaasvervangersbank.

“Gestel jy begin met ’n lostrio van Duane Vermuelen (8), Marx (6) en Siya Kolisi (7), met laasgenoemde se speelstyl wat ’n steelkantflank s’n pas, ’n sterk baldraer en vaardige skakel tussen voor- en agterspelers.

“Brits en Mbonambi is dan jou hakers, wat die Bokke baat met gespesialiseerde vaardighede in die nr. 2-trui en die opsie om Marx terug te skuif na haker aan die einde van wedstryde, wat spasie oopmaak vir ’n ekstra losvoorspeler op die veld.”

Marx was deel van ’n groep Bokke wat vroeër na Wellington gereis het vir Saterdag se Rugbykampioenskaptoets teen die All Blacks.

Mbonambi en Brits het verlede naweek diens gedoen in die Bokke se sege met 35-17 oor die Wallabies op Ellispark, maar Marx sal na verwagting terugkeer na die beginspan.

“Ons het vooraf geweet ’n sekere klompie spelers sou voor die Wallaby-toets na Nieu-Seeland vertrek,” sê Marx.

“Ons het die naweek saam gesit en kyk hoe goed die ouens gespeel het.

“Ons is ’n span en niemand besit ’n trui nie, die trui is letterlik vir enigiemand in die groep.

“Die ouens werk die afgelope maand hard aan voorbereiding en plekke in die span is regtig op die spel. Ek is regtig baie bly die ouens het die Wallabies geklop, want dit gee die groep selfvertroue.”

Die Bokke pak die All Blacks om 09:35 (SA tyd) in die Westpac-stadion.

– Sportredaksie

Rugbykampioenskap: Puntelys

Meer oor:  James Dalton  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Malcolm Marx
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.