Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bok-stut sluit kontrak met London Irish
Marcel van der Merwe Foto: Getty Images

Die voormalige Springbok-vaskopstut Marcel van der Merwe het hom by die Engelse klub London Irish aangesluit, het Premiership Rugby Woensdag in ’n nuusverklaring aangekondig.

Van der Merwe (30), wat die Bokke in sewe toetse verteenwoordig het, verlaat die Franse klub La Rochelle om die skuif Engeland toe te maak. Van der Merwe het vroeër vanjaar nog vir die Bulle gespeel, maar is in April toegelaat om ’n korttermynkontrak met La Rochelle te sluit, aangesien dié Franse span ’n beseringskrisis gehad het.

“Ek’s baie opgewonde oor die nuwe hoofstuk in my loopbaan,” sê Van der Merwe in die nuusverklaring.

“London Irish is ’n klub wat in die regte rigting beweeg, so dis vir my ’n opwindende geleentheid. Die tydsberekening voel reg.

“Ek het gedurende my loopbaan in Frankryk dikwels teen Engelse spanne gespeel, so ek weet wat om van die liga te verwag. Ek kan nie wag om te begin nie.”

Van der Merwe het benewens sy twee skofte by die Bulle vir die Cheetahs en in byna 100 wedstryde vir die Franse klub Toulon gespeel. – Sportredaksie

Meer oor:  Marcel Van Der Merwe  |  Engeland  |  Frankryk  |  Klubrugby  |  La Rochelle  |  Oud-Springbok  |  Rugby  |  London Irish  |  Stut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.