Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
De Bruin sê Nienaber is nommerpas vir Bokke
Bok-visier op agtsteman Du Preez
Groot honde van afrigting blaf saam

Die Springbok-hulpafrigter Jacques Nienaber is die regte man om die Bokke se wenmomentum te behou, sê Swys de Bruin, gewese Springbok-konsultant.

Daar word allerweë verwag dat Nienaber vir Rassie Erasmus as hoofafrigter van die Bokke gaan opvolg, hoewel Erasmus as direkteur van rugby steeds die toutjies agter die skerms sal trek.

Dan du Preez

“Rassie sal steeds ’n massiewe invloed hê. Hy het nie die persoonlikheid om net terug te staan nie,” het De Bruin die afgelope week in ’n gesprek by die Stellenbosch Sportakademie gesê.

“Hy gaan net so ’n bietjie die druk van homself afhaal.

“Ek ken Jacques goed. Ons het lang gesprekke gehad oor die spel en ons filosofie, wat nie dieselfde is nie. Maar ná die gesprekke het ons baie respek vir mekaar gehad.”

Ter wille van kontinuïteit verwelkom De Bruin Nienaber se verwagte aanstelling.

Hy het nie veel ervaring as ’n hoofafrigter nie, maar het die ondersteuning van verskeie Bokke saam met Erasmus.

Matt Proudfoot, voorspeler-afrigter van die Bokke, het ook die afgelope week gesê dit gaan belangrik vir hulle wees om die leemtes te begin vul wat deur die uittrede van spelers, soos die loskop Tendai Mtawarira gelaat word.

“Ek het my werk gedoen rakende die opvolgplan van die Bok-pak en ons moet kyk na loskopstut. Daar is ’n paar opwindende spelers.

Matt Proudfoot Vrydag aan die woord by die Stellenbosch Sportakademie. Foto: edrea du toit

“Ons sal ook ons nommer drie en vier op haker moet vind. Dit gaan ’n interessante proses wees. Ek het baie werk met die o.20’s verlede jaar gedoen en daar is ’n paar opwindende jongelinge.

“Ons is gelukkig met waar ons met die vaskoppe staan. Dit gee ons baie meer tyd om te fokus op die volgende groep vaskoppe (wat deurkom).

“Die vier bielie-slotte (Eben Etzebeth, Lood de Jager, RG Snyman en Franco Mostert) is almal beskikbaar. JD Schickerling en Salmaan Moerat kom ook nog deur. Daar is hope diepte op slot,” sê Proudfoot.

Die proses om ’n opvolger vir Duane Vermeulen (ná die Britse en Ierse Leeus-toer) te kry, het ook begin. Daar word veral in die rigting van die voormalige Haaie-agsteman, die oorsese Bok Dan du Preez, gekyk, sê Proudfoot.

Die Haai Sikhumbuzo Notshe was ook voorheen deel van die Bokke se planne en kan met ’n goeie Super-reeks in Durban weer die kollig op hom laat skyn.

Die baljagter-losvoorspeler Marcell Coetzee is die gunsteling om die skoene van Francois Louw vol te staan. Die Bul Marco van Staden (24), wat verlede jaar sy toetsdebuut gemaak het, is straks ook nog op die Bok-radar.

Die Wêreldbeker-wenner Kwagga Smith en Rynhardt Elstadt, wat sy rugby in Toulouse speel, sal ook hul hand opsteek om daardie rol te vervul.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.