Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dyantyi appelleer teen skorsing

Aphiwe Dyantyi gaan appelleer teen sy skuldigbevinding aan die gebruik van verbode middels en sy gevolglike skorsing van vier jaar uit rugby.

Dié 26-jarige Springbok-vleuel is in Desember geskors nadat hy nie kon bewys hy het die anaboliese steroïede metandiënoon, metieltestosteroon en LGD-4033 onopsetlik ingeneem nie. Hy is in Julie 2019 positief getoets en het die bevindinge teengestaan.

Aphiwe Dyantyi druk ’n drie vir die Leeus teen die Hurricanes in die Superrugby-reeks van 2019. Foto: Gallo Images

Sy verhoor sou in Mei 2020 plaasgevind het, maar is weens die Covid-19-pandemie uitgestel en het tussen 15 September en 5 November plaasgevind.

Khalid Galant, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids), het Donderdag aan Netwerk24 bevestig dat Dyantyi die instituut in kennis gestel het dat hy gaan appelleer.

“ ’n Datum vir die appèlverhoor is nog nie vasgemaak nie. Alle partye moet geraadpleeg word en dan op ’n gepaste datum vir die verhoor ooreenkom,” sê Galant.

Rapport het in Desember berig Dyantyi het in sy verweer aan Saids gesê hy het die verbode middels op 30 Junie 2019, twee dae voordat sy urienmonster geneem is, onwetend tydens ’n oefensessie in die gimnasium saam met ’n vriend ingekry.

Dyantyi het glo uit die vriend se bottel gedrink en só die verbode middels ingekry. Die vriend, wat Dyantyi van kindsbeen af ken, het hom einde Augustus 2019 gebel en meegedeel dat hy weet waarom die Bok-vleuel positief getoets is. Uit wat hy bekend gemaak het, blyk dit dat die vriend twee verbode middels gemeng het.

Dyantyi het verlede jaar in Augustus in ’n onderhoud met Sport24 gesê hy het ná die positiewe toets vir twee maande met niemand gepraat nie. Hy het selfs al sy sosialemediarekeninge gesluit.

Nóg ’n oud-Bok wat onlangs positief getoets is vir verbode middels, die haker Chiliboy Ralepelle, het ook verlede jaar teen sy skorsing van agt jaar geappelleer.

Ralepelle se appèl het misluk. As hy die saak verder wil voer, sal hy hom tot die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) in Switserland moet wend.

Meer oor:  Aphiwe Dyantyi  |  Leeus  |  Springbokke  |  Opkikkers  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.