Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke benader Saterdag ‘soos All Black-toets’

Die intensiteit van die Springbokke gaan Saterdag net so hoog wees teen die Wallabies as wat die geval sou wees indien hulle die All Blacks aangedurf het.

Jesse Kriel is voor in die koor by ’n onlangse Springbok-oefening op Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Gallo Images

Dit was Dinsdag die versekering van die Bok-buitesenter Jesse Kriel, wat die middelveld op Ellispark teen die Aussies behoort te beman.

Kriel is gevra om te verduidelik hoekom die Springbokke altyd hoogs gemotiveerd is en alles insit wanneer die All Blacks gepak word, maar wanneer die Wallabies die teenstanders is, daar skynbaar ’n afplatting in die motivering is.

“Dit is beslis nie iets wat doelbewus gebeur nie,” het Kriel verseker.

“Ek kan almal gerusstel dat die span Saterdag net so vasbeslote en gemotiveerd sal wees as wat die geval sou wees as ons teen die All Blacks moes speel.”

Volgens hom is daar ook nie sprake dat hulle die span wat die Wallabies aandurf gaan sien as ’n eksperimentele span nie.

Die kern van die groep wat aanstaande Saterdag teen die All Blacks in Wellington in Nieu-Seeland speel, vertrek reeds voor die naweek na Kiwiland en daar kan op enkele uitsonderings na spelers wees wat by albei toetse betrokke gaan wees.

Kriel het ook gepraat oor die uitwerking wat die teenwoordigheid van oorsese Bokke soos Frans Steyn en Marcel Coetzee, wat lanklaas vir die nasionale span in aksie was, op die groep het.

“Om hulle weer terug in die groep te hê, lig die standaard. Jy kan sien hulle is baie spesiale spelers en dit motiveer elkeen in die groep dat hulle weer deel van sake is,” vertel Kriel.

Hy kan een van die meer ervare agterspelers in Saterdag se agterlyn wees en hy bevestig dat “as ek gekies word, sal ek met kommunikasie moet toesien dat ons op dieselfde bladsy is en ook verantwoordelikheid neem.

“Ons benader hierdie kragmeting met ’n toetsmentaliteit en om soos in Superrugby net te wil drieë druk, gaan nie eintlik werk nie.

“Dit gaan nodig wees om dit met die intensiteit van ’n toets te benader,” sê hy.

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Jesse Kriel  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.