Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke boer agteruit op ranglys
Die Bokke staan verslae ná hul nederlaag van 19 – 32 teen die Poemas in Mendoza. Foto: Reuters

Die Springbokke word nou as slegs die sewende beste rugbyspan ter wêreld gereken ná hul nederlaag van 19 – 32 teen Argentinië Saterdag in Mendoza.

Dié nederlaag in die Rugbykampioenskap het die Bokke van die sesde plek na die sewende plek op die wêreldranglys laat uitsak. Skotland, wat verlede week nog die sewende plek beklee het, bevind hom nou in die sesde plek met 83.02 ranglyspunte.

Dié ranglysposisie, wat die Bokke verlede jaar in Maart ook beklee het, is Suid-Afrika se laagste plek nóg sedert Wêreldrugby in 2003 met ’n amptelike ranglys begin het.

Suid-Afrika se ranglyspunt was verlede jaar in Maart wel so effenss swakker (81,79) as wat nou die geval is (81,84).

Agustín Creevy (met die trofee) en sy Argentynse spanmaats vier hul sege oor die Bokke. Foto: Getty Images

Die Argentyne het ná hul sege van die tiende plek na die negende plek opgeskuif en het 77,02 ranglyspunte.

Fidji (76,54) bevind homself nou in die tiende plek.

Die All Blacks is steeds boaan die ranglys met 94,52 punte. Ierland is in die tweede plek met 90,12 punte, gevolg deur Wallis (85,94 punte).

Suid-Afrika se volgende teenstander in die Rugbykampioenskap, Australië, is tans vyfde op die ranglys met 83,96 punte.

1. Nieu-Seeland (94,52 punte)

2. Ierland (90,12)

3. Wallis (85,94)

4. Engeland (85,68)

5. Australië (83,96)

6. Skotland (83,02)

7. Suid-Afrika (81,84)

8. Frankryk (79,10)

9. Argentinië (77,02)

10. Fidji (76,54)


Meer oor:  Rassie Erasmus  |  Suid-Afrika  |  Ranglys  |  Springbokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.