SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke pak Oz, Poemas met B-span

Die Springbokke gaan in 2020 weer ’n A- en B-span kies om hulle die beste kans te gee om die All Blacks in die Rugbykam­pioenskapsreeks te troef.

Matt Proudfoot, Springbok-hulpafrigter, verduidelik by die Stellenbosch Sportakademie se afrigterseminaar aan plaaslike afrigters hoe die perfekte bind vir die Bokke werk.Foto: Edrea du TOit

Twee spanne sal weer in die aanloop tot die reeks na Nieu-Seeland en Australië reis, met die sogenaamde A-span wat reeds ’n week voor die tyd vir die All Blacks sal slyp en die B-span wat teen Australië sal speel.

Vanjaar het dié plan vrugte afgewerp met ’n gelykopuitslag teen Nieu-Seeland in Wellington deur die A-span, en die Wallabies wat deur die Springbokke se naasbestes ’n week vroeër op Ellispark goed getroef is, wat die Rugbykampioenskapstrofee aan Erasmus-hulle besorg het.

Dit het ook die platform vir hul suksesvolle Wêreldbekeraanslag geskep.

Matt Proudfoot, hulpafrigter van die Bokke, het die afgelope week onthul die Bokke gaan vanjaar dieselfde roete inslaan wat die twee Bok-spanne betref.

Proudfoot was een van ’n handvol internasionale afrigters wat by die Stellenbosch Sportakademie se jaarlikse afrigter­seminaar opgetree het.

“Die Rugbykampioenskapsreeks is ons brood en botter. Die probleem is dat ons tuis en weg teen Argentinië begin, dan weg teen Australië en weg teen Nieu-Seeland. Die formaat verander nie,” het hy gesê.

Ons gaan onsself die beste kans gee om Nieu-Seeland in Nieu-Seeland te klop.

“So, teen die tyd dat ons by die toets teen Nieu-Seeland uitkom, kan die kampioenskap al verloor wees nog voordat ons ons twee groot tuiswedstryde gespeel het.

“Ons gaan twee groepe voorberei. Die groep wat teen Argentinië in Argentinië speel, sal heel waarskynlik teen Australië speel. Die groep wat tuis teen die Argentyne speel, sal straks teen Nieu-Seeland speel.

“Ons gaan met só ’n formaat begin om ons die beste kans te gee om Nieu-Seeland in Nieu-Seeland te klop. Die Julie-toetse sal ons ook gebruik om twee groepe voor te berei sodat ons gereed kan wees teen die tyd dat die Rugbykampioenskap aanbreek.

“Ek vermoed die een groep sal in die twee toetse teen Skotland speel, terwyl die ander groep Georgië in die ander toets sal pak.

Dit beteken die top-Springbokke sal heel waarskynlik nie in Julie teen die 14de gekeurde Georgiërs speel of na Argentinië reis vir die span se eerste toets van die Rugbykampioenskap nie. Hulle sal ook die Wallabies misloop, maar kan in albei tuistoetse, teen die Aussies en All Blacks, speel.

Die Bokke beplan om regulasie 9 van Wêreldrugby gereeld in te span om hul Bokke vrygestel te kry vir toetse in die toetsvenster.

Meer oor:  Springbokke  |  All Blacks  |  Rugbykam­Pioenskapsreeks  |  2020  |  A- En B-Span  |  Kies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.