Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Bokke het nie spelbrekers,’ sê Haan

Die Springbokke beskik nie oor wedstrydwenners nie, wat beteken dat Frankryk hulle Saterdag in Parys kan klop, sê Yoann Huget, veelsydige agterspeler van die Hane.

Mathieu Bastareaud, senter van Frankryk. Foto: Getty Images

Huget (31) het die Hane reeds in meer as 50 toetse verteenwoordig en het luidens AFP en thesouthafrican.com dié stelling in die aanloop tot die naweek se toets tussen die twee rugbynasies gemaak.

“Die Suid-Afrikaners en Engelse het nie ’n Teddy (Thomas, vleuel), Basta (Mathieu Bastareaud, senter) of ’n Max (Maxime Médard, heelagter) wat in staat is om ’n verskil in die wedstryd te maak nie.

“Ons moet selfvertroue put uit ons sterk punte. As ons dit doen, sal ons die verlangde resultate kry,” sê Huget.

“Om ’n oorwinning te behaal sal ’n reuse-inspuiting vir die span en sy bestuur wees. Dit sal die spelers entoesiasties maak as ons ’n groot span kan wen.”

Arthur Iturria, wat as flank vir Saterdag se toets gekies is, sê ’n oorwinning vir die Hane is ononderhandelbaar.

“Ons moet wen, ons het goeie spelers en ’n goeie stelsel. As ons al die bestanddele op dieselfde tyd saamvoeg, is daar geen rede hoekom ons nie met die beste spanne in die wêreld kan saamgesels nie. Ek hoop dit is Saterdag die geval,” sê Iturria.

Frankryk, wat vanjaar twee toetse in die Sesnasiesreeks gewen het, se laaste oorwinning oor die Bokke was in 2009 in Toulouse, toe hy met 20-13 gewen het. – Sportredaksie

Meer oor:  Frankryk  |  Yoann Huge  |  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Springbokke  |  Hane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.