Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Springbokke het steeds ’n aura, sê Lood

Die Springbokke aanvaar dit nie as vanselfsprekend dat hulle Saterdag teen Italië, die span wat 13de op die wêreldranglys is, terug op die wenpad sal kom nie.

Lood de Jager (slot) erken hy het foute begaan in Saterdag se verloortoets teen Engeland. Foto: Getty Images

Só sê Lood de Jager, wat die kragmeting met die Italianers as ’n “baie ernstige toets” bestempel.

“Daar is nie iets soos ’n maklike toets nie. Ons het teen Japan in die Wêreldbeker-toernooi verloor, wat wys dat jy niemand ligtelik kan opneem nie,” het De Jager Maandag by die Bokke se hotel in Florence gesê.

Volgens hom is daar nie ’n “vrees vir mislukking” in die Bok-groep nie ná Saterdag se nederlaag van 21-37 teen Engeland op Twickenham. 

Dit het gevolg op ’n rekordnederlaag van 15-57 teen die All Blacks in Durban.

“Daar is steeds ’n aura omtrent die Bokke,” sê hy.

“Ons het goed terug baklei om twee drieë te druk en kan baie positiewe dinge uit die wedstryd haal. 

“Daar is duidelikheid oor die wedstrydplan. 

“Ons het dit egter nog nie uitgevoer soos dit aan ons gegee is nie.”

De Jager het bygevoeg dit is belangrik dat die Bokke foute uitskakel.

“Ons het die afgelope naweek ’n duidelike plan gehad, maar soos die afrigter gesê het, is ons deur individuele foute gekelder,” sê hy.

“Ek móét my hand opsteek en erken ek het foute gemaak. 

“Die foute het ná die eerste halfuur in ons spel ingekruip en jy kan dit nie op toetsvlak bekostig nie. Jy kan nie wen as elke ou in die span ’n fout maak nie.”

De Jager was Maandag langs die kantlyn toe die Bokke geoefen het, maar glo hy sal sy lyfseer voor Saterdag afskud.

“Ek het ’n beenbesering, maar is beskikbaar vir die naweek. Die dokter en fisioterapeut sal dinge net deur die week monitor,” sê hy.

Meer oor:  Bokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.