Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke in moeilike groep vir WB in 2023
As die Springbokke in 2023, in Frankryk, weer die Wêreldbeker omhoog wil hou, sal hulle in die groepfase eers met Ierland en Skotland in die groepfase moet afreken. Foto: Getty Images

Die Springbokke gaan hulle in ’n sogenaamde “Groep van die Dood” bevind in 2023 se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk.

Suid-Afrika is Maandag in Parys saam met twee Sesnasies-spanne, Ierland en Skotland, in Groep B geloot.

Frankryk, die gasheer, is in Groep A saam met Nieu-Seeland.

Wallis en Australië is saam in Groep C, terwyl Engeland hom in Groep D bevind saam met Japan en Argentinië.

Jacques Nienaber, die Springbok-afrigter, het Maandag in ’n nuusverklaring gesê dat die loting hom 'n einddoelwit gee om voor te werk.

“Om in dieselfde groep as Ierland en Skotland te wees, is ’n yslike uitdaging, maar om toernooi te kan wen, moet jy al die spanne kan klop. Ons sal deeglik getoets word in die groepwedstryde,” sê hy.

“As jy kyk na die voorste drie spanne in elke groep, sou ek sê dat enige van daardie spanne ’n ander op enige gegewe dag kan klop. Dit is bewys deur Japan, wat in onlangse jare groot opgang gemaak het.”

Die WB-groepe is:

Groep A: Frankryk, Nieu-Seeland, Italië, Amerikas 1, Afrika 1.

Groep B: Suid-Afrika, Ierland, Skotland, Asië/Suidsee 1, Europa 2.

Groep C: Wallis, Australië, Fidji, Europa, Finale Kwalifiseerder.

Groep D: Engeland, Japan, Argentinië, Oseanië 1, Amerikas 2.

Meer oor:  Skotland  |  Ierland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.