Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke kry ekstra slypkans teen Poemas
Die Springbokke en Argentinië sal mekaar in 2019 in ’n bykomende Wêreldbeker-slyptoets pak. Foto: Gallo Images

Die Springbokke sal op 17 Augustus 2019 ’n bykomende toets teen Argentinië op Loftus Versfeld in Pretoria speel om hulle te help slyp vir die Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Aanvanklik was daar vir 2019 slegs een toets in Suid-Afrika geskeduleer – teen Australië op Ellispark op 20 Julie. Dít is omdat die Rugbykampioenskap in ’n Wêreldbeker-jaar verkort word en spanne net een keer teen mekaar te staan kom.

Die bykomende toets kan dus vir Rassie Erasmus, die Springbok-afrigter, van onskatbare waarde wees om sy spelers en wedstrydplan voor die wêreldwye skouspel in te oefen. Dit sal voorlopig ook die Bokke se laaste toets wees voor hul eerste groepwedstryd teen Nieu-Seeland op 21 September.

Suid-Afrika se ander toetse in die verkorte Rugbykampioenskap is op 27 Julie teen Nieu-Seeland in Wellington en op 10 Augustus teen Argentinië. Daar is nog nie besluit waar in Argentinië gespeel gaan word nie.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie.Foto: Gallo Images

Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, sê in ’n verklaring hy is verheug oor die bykomende toets.

“Die wedstryd teen Argentinië in Pretoria beteken ondersteuners sal ’n fantastiese geleentheid hê om Siya Kolisi en sy Bok-span in ’n tweede tuistoets te sien,” sê Roux.

“Dit sal ook vir Rassie Erasmus ’n laaste geleentheid gee om die Bokke op tuisbodem te slyp voordat die finale groep vir die Wêreldbeker-toernooi aangekondig word.”

Die Bokke se program in 2019:

Rugbykampioenskap: 20 Julie: t. Australië (Johannesburg); 27 Julie: t. Nieu-Seeland (Wellington); 8 Augustus: t. Argentinië (wag vir bevestiging).

Vriendskaplike wedstryd: 17 Augustus: t. Argentinië (Pretoria).

Wêreldbeker-toernooi (groepwedstryde): 21 September: t. Nieu-Seeland; 28 September: t. Namibië; 4 Oktober: t. Italië; 8 Oktober: t. Kanada.

Meer oor:  Jurie Roux  |  Suid-Afrika  |  Toetse  |  Springbokke  |  Poemas  |  Wereldbeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.