Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke net 2 keer vanjaar tuis in aksie

Toetse teen die Wallabies op Ellispark en Argentinië op Loftus Versfeld sal Suid-Afrikaanse toeskouers se enigste kans wees om die Springbokke vanjaar op tuisbodem in aksie te sien.

Sal die Bokke weer vreugde in Wellington smaak soos verlede jaar? Foto: Getty Images

Sanzaar het Woensdag die bepalings van sy verkorte en vervroegde Rugbykampioenskap – vanweë die Wêreldbekertoernooi later vanjaar – bevestig.

Die Rugbykampioenskap behels vanjaar slegs ses wedstryde, anders as die gebruiklike 12.

Die Rugbykampioenskap begin ook vroeër, op 20 Julie.

Op daardie dag sal die Bokke teen Australië te staan kom in Johannesburg, terwyl die All Blacks die Argentyne in Buenos Aires pak.

Die laaste wedstryd is die een tussen die Argentyne en die Springbokke op 10 Augustus in Salta.

’n Bykomende ronde van wedstryde, wat nie deel is van die Rugbykampioenskap nie, sal op 17 Augustus plaasvind om die spanne nog slypkans vir die WB-toernooi te gee.

Die Bokke pak Argentinië dan op Loftus Versfeld, terwyl Nieu-Seeland in Auckland gasheer vir Australië speel.

* Bepalings: 20 Julie: SA t. Aus (Johannesburg), Argentinië t NS (Buenos Aires); 27ste: NS t. SA (Wellington), Aus t. Argentinië (Brisbane); 10 Augustus: Aus t. NS (Perth), Argentinië t. SA (Salta); 17de (bykomende wedstryde): NS t. Aus (Auckland), SA t. Argentinië (Pretoria). 

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby  |  Sanzaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.