Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke ontbied ‘ongelukkige’ Jean-Luc na kamp
Jean-Luc du Preez

Jean-Luc du Preez, een van die ongelukkiges wat nie in die Springbok-groep van 31 spelers vir Junie se Franse toetse ingesluit is nie, is na volgende week se nasionale oefenkamp in Plettenberg-baai ontbied as ’n bykomende losvoorspeler. Die Bok-groep vergroot met sy insluiting na 32 spelers.

Hy, Siya Kolisi (Stormers, 16 toetse), Jaco Kriel (Leeus, 7), Oupa Mohoje (Cheetahs, 15) en Warren Whiteley (Leeus – kaptein, 15) is die losvoorspelers wat van môre af in die Suid-Kaap saamtrek.

Duane Vermeulen sal hom nie voor 5 Junie by sy Bok-spanmaats aansluit nie nadat Toulon tot die eindstryd van die Franse Top14-liga deurgedring het. Die eindstryd word op 4 Junie gespeel. Vermeulen het Vrydagaand in Marseille saam met ander Bokke soos Juan Smith, Juandré Kruger en Marcel van der Merwe onder sy Franse klubspan se uitblinkers in sy oorwinning van 18-15 oor La Rochelle in die halfeindstryd getel. Vermeulen lyk skerp en het onder meer ’n belangrike bal teen die einde van die wedstryd omgekeer wat die sege help beklink het.

Die 21-jarige Du Preez het in November 2016 in sy enigste toets teen Wallis gespeel. Sy aanvanklike weglating uit die Bok-groep is deur verskeie kenners as ’n teleurstelling bestempel ná sy bestendige goeie spel dié seisoen vir die Haaie.

Die nasionale keurders het hom wel as ’n troosprys in die Suid-Afrikaanse A-span ingesluit.

Dis onseker of Johan Ackermann Du Preez ná sy Bok-oproep steeds vir die SA A-span se twee wedstryde in Junie teen die Franse Barbarians in Johannesburg en Durban kan oorweeg.

Die Bokke oefen vir ’n week in die Suid-Kaap, voordat hulle hul voorbereidings in Pretoria vir 10 Junie se eerste toets teen die Franse op Loftus Versfeld hervat.

Meer oor:  Jean-Luc Du Preez  |  Springbokspan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.