Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke pak All Blacks in twee weg-toetse
Die Springbokke en die All Blacks gaan volgende jaar in twee Rugbykampioenskap-toetse kragte meet. Foto: Getty Images

Die Springbokke sal volgende jaar ’n mini-toer na Nieu-Seeland onderneem om in twee Rugbykampioenskaptoetse teen die All Blacks te speel. Die toetsvelde moet nog bekend gemaak word.

SA Rugby het Donderdag op ’n virtuele vergadering van sy hoofraad ook bekend gemaak dat die Wêreldbekerkampioen in 2021 in twee tuistoetse in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies sal speel. Teen die Argentynse Poemas sal die Bokke tuis én weg speel.

Die Wallabies sal in Durban en Johannesburg met die Bokke swaarde kruis.

Die Australiese toetse sal waarskynlik eers ná die besoek van Warren Gatland se Britse en Ierse Leeu-span in Julie wees.

Pretoria sal gasheer speel vir die Rugbykampioenskap-tuistoets teen Argentinië. Dis onseker waar hulle in Argentinië sal ontmoet.

SA Rugby het ook op sy hoofraad se vergadering bevestig die Bokke sal volgende jaar in twee wedstryde in Bloemfontein ter voorbereiding van die toetse teen die Britse en Ierse Leeus speel. Geen besonderhede oor die teenstanders is gegee nie.

’n Kragmeting met ’n Britse Barbarian-span en selfs nog ’n toets teen Argentinië word in dié stadium as moontlikhede genoem.

Jacques Nienaber se Bokspan beplan boonop in die aanloop tot die toetse teen die Britse en Ierse Leeus om ’n oefenkamp in Bloemfontein te hou voor die eerste van drie wedstryde teen Gatland-hulle, op 24 Julie in die FNB-stadion. Die tweede toets is op 31 Julie in die Kaapstad-stadion en die derde toets op 7 Augustus op Ellispark.

SA Rugby het intussen bevestig dat die groot wraakwedstryd tussen die Bokke en Engeland ná verlede jaar se Wêreldbekereindstryd in Japan vir 20 November 2021 op Twickenham gereël is.

Meer oor:  Argentinië  |  Sa Rugby  |  Springbokke  |  Wallabies  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.