Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheika: Bokke se ‘B-span’ nie klap in gesig

Michael Cheika, die afrigter van die Wallabies, beskou nie die eksperimentele Springbok-span wat Rassie Erasmus gekies het vir Saterdag se toets in die Rugbykampioenskapsreeks op Ellispark as ’n klap in die gesig nie.

“Ek het begrip vir wat die Springbokke wil doen. Uit ons oogpunt was dit ook glad nie maklik om hierdie span te kon kies nie, want daar was baie keuses om te maak,” het Cheika by die spanhotel in Sandton gesê.

Volgens Cheika is die span gekies met die oog op wat hulle uit die stryd kan kry en wat hulle voel nodig gaan wees om die Springbokke aan bande te lê.

Die Wallabies het verras deur Nic White as die skrumskakel in hul beginspan te kies vir Saterdag se toets teen die Springbokke. Hy het tot onlangs toe nog vir die Exeter Chiefs in Engeland gespeel. Foto: Getty Images

Cheika het van sy meer ervare spelers, Will Genia en Kurtley Beale, op die plaasvervangerbank gekies en hy sien dit as ’n versekeringspolis om spelers van dié gehalte later in die toets te kan gebruik.

Wat die afwesigheid van James O’Connor betref, sê hy dit was nog net té vroeg om hom weer in te span.

“Dit is die eerste keer wat ek hom afrig en hy het ook goed ingeskakel by die groep. Dit sal nog ’n rukkie wees voordat ons hom kan gebruik,” sê hy.

Oor sy besluit om die Brumbies se puik heelagter Tom Banks in die laaste vesting te kies, sê Cheika sy spelpeil in die Superreeks was uitstaande.

Banks sal nou die skoene moet vul van Israel Folau, wat onder ’n wolk van omstredenheid in onguns by die Aussie-rugbybase verval het.

Die afrigter is ook opgewonde oor die insluiting van die toetsgroentjie Isi Naisarani as agtsteman.

“Hy werk al die afgelope jaar en ’n half om hier uit te kom en sy kans te kry. Ek kan sien hy is oorgehaal vir hierdie kans en gaan dit aangryp,” het Cheika oor die gebore Fidjiaan gesê.

Naisarani is die enigste speler in die span wat sy toetsdebuut sal maak.

In wat as ’n verrassende keuse gesien kan word, begin Nic White as skrumskakel bo Genia, wat ’n staatmaker vir Melbourne Rebels in die Superreeks was.

Dit vorm egter gewis deel van Cheika se plan om te verseker dat hulle teen die einde van die toets genoeg spelers van gehalte en ervaring op die veld gaan hê.

Nog ’n opvallende insluiting is dié van die loskopstut James Slipper.

Hy is die eerste keer in drie jaar terug in die Wallaby-span.

Australië:
Tom Banks, Dane Haylett-Petty, Tevita Kuridrani, Samu Kerevi, Reece Hodge, Bernard Foley, Nic White, Isi Naisarani, Michael Hooper (k), Lukhan Salakaia-Loto, Rory Arnold, Izack Rodda, Sekope Kepu, Folau Fainga’a, James Slipper. PLAASVERVANGERS: Jordan Uelese, Harry Johnson-Holmes, Taniela Tupou, Rob Simmons, Jack Dempsey, Will Genia, Matt To’omua, Kurtley Beale.

Meer oor:  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies  |  Michael Cheika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.