Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke se spanne pronk in Japan

Die Springbokke Willie le Roux en Malcolm Marx se Japanse klubs het die afgelope naweek na die halfeindronde van dié land se Topliga deurgedring.

Die Springbok-heelagter Willie le Roux sal die naweek vir Toyota Verblitz in een van die halfeindstryde in Japan se Topliga teen die Wild Knights speel. Foto: Getty Images
Malcolm Marx (foto), Lappies Labuschagne, Ruan Botha, David Bulbring en Gerhard van den Heever speel almal vir die Kubota Spears in Japan. Foto: Getty Images

Dit beteken dat Le Roux en Marx nog ten minste tot die einde van volgende week in Japan sal wees.

Le Roux se span, Toyota Verblitz, het die afgelope naweek in die kwarteindronde met 33-29 oor die Red Hurricanes geseëvier.

Marx se span, die Kubota Spears, was met 23-21 teen die Kobelco Steelers baas.

Die voormalige Southern Kings-losskakel Lionel Cronjé is een van Toyota Verblitz se grootste uitblinkers. Foto: Getty Images

Verblitz sal nou Saterdag in die halfeindronde teen die Wild Knights, wat met 32-17 teen die Canon Eagles gewen het, speel.

Die Spears sal Sondag teen Suntory Sungoliath te staan kom. Sungoliath is regstreeks tot die halfeindronde deurgelaat omdat hy nie in die kwarteindronde teen die Ricoh Black Rams kon speel nie.

Altesame 22 van die Rams se spelers is laat verlede week positief getoets vir die koronavirus en die klub moes hom toe aan die uitspeelronde onttrek.

Albei die halfeindstryde sal in die Hanazono-stadion in Osaka gespeel word.

Drie Suid-Afrikaners het vir hul onderskeie spanne in die kwarteindronde punte aangeteken.

Die voormalige Southern Kings-losskakel Lionel Cronjé het vir Verblitz 13 punte aangeteken met drie strafdoele en twee doelskoppe.

Nog ’n oud-King, die flank/slot Wimpie van der Walt, het vir die Hurricanes ’n drie gedruk.

En dan het die voormalige Bulle- en Stormers-vleuel Gerhard van den Heever vir die Spears ’n drie gedruk en met ’n strafdoel pale toe geslaag.

Die Spears het vir 51 minute met net 14 manne gespeel nadat hul Australiese losskakel, Bernard Foley, vir ’n gevaarlike duikslag met ’n rooikaart van die veld afgestuur is.

Gerhard van den Heever het in die naweek weer vir die Kubota Spears ’n drie gedruk. Foto: Getty Images

– Reuters, Rugbypass.com

Meer oor:  Bokke  |  Toyota Verblitz  |  Springbokke  |  Kubota Spears  |  Japan  |  Malcolm Marx  |  Willie Le Roux
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.