Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Springbokke skop af teen Skotland
Suid-Afrika begin die verdediging van die Webb Ellis-beker in 2023 se Wêreldbeker-toernooi teen Skotland in Marseille. Foto: Getty Images

Skotland in Marseille se Stade Velodrome is die eerste hekkie waaroor die Springbokke sal moet seil om hul status as kampioene in die Wêreldbeker-toernooi in 2023 in Frankryk te behou.

Die program vir wêreldrugby se skouspel is Vrydag aanlyn bekend gemaak.

Suid-Afrika se ander groot wedstryd, teen Ierland, sal op 23 September in Parys se Stade de France wees.

Die Bokke se twee ander groepwedstryde – teen teenstanders wat nog bepaal moet word – sal op 17 September en 1 Oktober wees. Dit sal onderskeidelik in Bordeaux en Marseille gespeel word.

Jacques Nienaber, die Springbok-breier.

Jacques Nienaber, Springbok-afrigter, het Vrydag se aankondiging verwelkom.

“Die aankondiging is ’n belangrike mylpaal in ons beplanningsfase vir 2023 se Wêreldbeker-toernooi,” het hy in ’n nuusverklaring gesê.

“Noudat dit bekend is waar die wedstryde gespeel gaan word, het die afrigting- en bestuurspan ’n duidelike begrip vir die algehele voorbereiding en logistieke maatreëls. Die program gee duidelikheid oor hoeveel dae daar tussen wedstryde is, wat ’n invloed op ons strategie ten opsigte van spelerwelsyn sal hê.

“Ons kan nou intensief met ons logistieke planne vir dinge soos basiskampe begin.”

Springbok-program:

10 September: SA t. Skotland (Stade Velodrome, Marseille)

17 September: SA t. Europa 2 (Stade de Bordeaux, Bordeaux)

23 September: SA t. Ierland (Stade de France, Parys)

1 Oktober: SA t. Asië/Pasifies (Stade Velodrome, Marseille)


Meer oor:  Jacques Nienaber  |  Skotland  |  Frankryk  |  Ierland  |  2023  |  Afrigter  |  Rugby  |  Wereldbeker-Toernooi  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.