Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke speel dalk in Agtnasies

Bernard Laporte, die ondervoorsitter van Wêreldrugby en die Sesnasies-komitee, het onthul dat die Springbokke vir Japan in die beoogde Agtnasies-reeks in November kan vervang.

Kenki Fukuoka van Japan gaan druk sy span se derde drie teen Skotland in 2019 se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Jokohama. Foto: Getty Images

Laporte was die naweek by die Auvergne Rhône-Alpes-klub se jaarvergadering, waar hy die uittredende president, Patrick Celma, vir sy bydrae tot Franse rugby bedank het.

“Die Japanners kom nie meer Europa toe nie. Ons is op soek na ’n span om Japan te vervang. Ons is reeds ver gevorder in ons gesprekke met Suid-Afrika.

“Dit sal wonderlik wees om teen die Springbokke, die wêreldkampioene, te speel. Maar dit is nog nie beklink nie,” het Laporte gesê.

Volgens Reuters sal Japan na verwagting weens komplikasies wat deur die Covid-19-pandemie te weeg gebring is, onttrek uit November se toernooi.

Dié toernooi, wat ook die ses spanne van die Sesnasies-reeks en Fidji sal insluit, sal op 14 November afskop.

Dit is net twee weke nadat die uitgestelde Sesnasies-reeks aanvanklik voltooi sou word, ná dit in Maart opgeskort is weens die koronaviruspandemie.

Japan is een van die lande met die strengste beperkings.

Volgens Kyodo News sal die reisverbod op buitelandse burgers verhinder dat talle lede van Japan se afrigtingspan, wat onder andere Nieu-Seeland se Jamie Joseph en Tony Brown insluit, die land sal kan binnekom om oefenkampe te organiseer.

“Dit is nie ’n situasie wat ons tans kan verduidelik nie,” het Japan se Rugbyunie (JFRU) gesê.

“Ons kan nie sê dat ons al ’n besluit geneem het nie. Die JFRU sal sy amptelike besluit en die redes daarvoor verduidelik sodra dit reg is om gedeel te word.”

Japan se laaste toets was toe hy in die kwarteindstryd van verlede jaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi teen Suid-Afrika uitgeval het.

Al sy toetse wat geskeduleer was teen Engeland, Skotland en Ierland is sedertdien gekanselleer weens die pandemie.

Fidji se deelname is glo ook nie seker nie.

• Die spanne in die beplande Agtnasies-toernooi sal glo in twee groepe ingedeel word.

Groep 1 kan uit Engeland, Ierland, Fidji en Wallis bestaan, terwyl Japan saam met Skotland, Italië en Frankryk in die ander groep sou meeding.

Die Franse is ook van plan om op 31 Oktober teen Ierland te speel.

Laporte het voorts gesê dat daar ook in die rigting van Wallis, of selfs na die Springbokke, gekyk word om teen die Hane op 24 Oktober te speel. – Reuters, Le Progres

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Japan  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.