Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke tog na Australië vir Kampioenskap?

Die Rugbybase van die Suidelike Halfrond het uiteindelik hul stilte verbreek met die nuus dat Suid-Afrika wel in November en Desember na Australië sal reis om aan die Rugbykampioenskap deel te neem, mits die inperkingsregulasies dit toelaat.

Suid-Afrika vier sy titel in die Rugbykampioenskap in 2019. Foto: Getty Images

Sanzaar het Vrydagoggend bekend gemaak dat Rugbykampioenskap vanjaar beslis sal word nadat Nieu-Seeland en Australië albei hul hande opgesteek het om die toernooi, wat van sy gewone venster in Augustus en September geskuif het, aan te bied.

Suid-Afrika, Argentinië en Nieu-Seeland sal na verwagting van 7 November tot 12 Desember na Australië reis vir dié toernooi van 12 wedstryde, wat uit “tuiswedstryde” en “wegwedstryde” sal bestaan.

“Ons is verlig dat Sanzaar uiteindelik die deelnemers en gasheer vir die Rugbykampioenskap kan bevestig en ’n einde aan al die spekulasie oor die toernooi se formaat en bestemming kan maak,” het Andy Marinos, Sanzaar se uitvoerende hoof, gesê.

“Die toernooi word tradisioneel oor grense gespeel in ’n reeks van tuis- en wegwedstryde tussen Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, maar dit is natuurlik nie vanjaar weens die pandemie moontlik nie.

“Ons het daarom as ’n groep hard gewerk om te verseker dat die Rugbykampioenskap vanjaar plaasvind, al is dit net in een land, en Sanzaar was nougeset in die assessering van sy twee opsies dat Nieu-Seeland Rugby of Rugby Australië dit aanbied.”

Die Springbokke se deelname sal afhang daarvan of die regulasies verslap word, sowel as die oorkoming van verskeie ander logistieke uitdagings.
Andy Marinos

“Sanzaar het eindelik besluit dat, gegrond op die vereiste kwarantynprotokolle van die regering (vir toegang en voorbereiding voor die toernooi) en kommersiële onderskrywing, is Rugby Australië se aansoek die werkbaarste in terme van die toernooi-logistiek vir die noodsaaklike voorbereidingsperiode voor die toernooi asook die ses-week-toernooi self.”

Marinos het gesê Suid-Afrika se deelname is wel oorgelaat aan faktore wat buite Sanzaar se beheer is.

“Die vordering en impak van die pandemie verskil van land tot land en internasionale sportbyeenkomste is tans opgeskort in Suid-Afrika,” het Marinos gesê.

“Die Springbokke se deelname sal afhang daarvan of die regulasies verslap word, sowel as die oorkoming van verskeie ander logistieke uitdagings, insluitend die hervatting van internasionale reis. Suid-Afrika sal na verwagting eers in Oktober mededinging op die rugbyveld kan hervat, wat ’n kort tyd vir voorbereiding laat.”

Sanzaar sê dat hy tans saam met Rugby Australië daaraan werk om die fyner besonderhede van die toernooi vas te stel en hoop om binnekort die stadions waar die wedstryde beslis gaan word, sowel as die bepalings en afskoptye aan te kondig.

“Ons is bewus daarvan dat die Covid-pandemie steeds verander en struikelblokke skep, maar ons is vol vertroue dat ons planne weldeurdag is en sal natuurlik die noodmaatreëls by enige veranderinge aanpas,” het Marinos bygevoeg.

Meer oor:  Andy Marinos  |  Springbokke  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Rugbykampioenkap  |  Sanzaar  |  Pumas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.