Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke wen titel ... skuif af op ranglys

Wêreldrugby se ranglys is genoeg om enige Springbokondersteuner se bloeddruk die hoogte in te laat skiet.

Die Springbokke het Saterdagaand (SA tyd) in Buenos Aires die Rugbykampioenskap die eerste keer in 10 jaar gewen toe hulle Argentinië met 46-13 uit hul pad gevee het.

Rassie Erasmus (middel) afrigter van die Springbokspan, en verskeie van sy spelers by Maandag se mediakonferensie by die OR Tambo-lughawe. Foto: AP

Hulle was boonop die enigste onoorwonne span in die reeks ná ’n oorwinning oor die Wallabies (35-17) en ’n gelykopuitslag van 16-elk teen die All Blacks in Wellington, maar dit was steeds nie genoeg om hul ranglysposisie te behou nie.

Volgens Wêreldrugby se ranglys wat Maandag uitgereik is, het Engeland die Bokke uit die vierde plek gedruk ná ’n enkele oorwinning oor Wallis.

Engeland, wat Wallis Sondag in hul Wêreldbekeropwarmwedstryd op Twickenham met 33-16 getroef het, het 1.07 ranglyspunte met dié oorwinning verdien om verby die Bokke te skuif.

* Die All Blacks klou steeds aan hul voorste posisie ondanks Saterdag se nederlaag met 26-47 teen die Wallabies in Perth.

Wallis, wat Saterdagoggend vir sowat 24 uur by die verslane All Blacks as die wêreld se beste span oorgeneem het, se vreugde was van korte duur, want ná die Rooi Drake se nederlaag teen Engeland, bly hulle tweede.

* Japan, wat vir die WB-toernooi in Japan in Groep A saam met Ierland, Skotland, Rusland en Samoa meeding, het tot die negende posisie opgeskuif om hul beste ranglysposisie sedert 2016 te ewenaar.

Die Japanners het die VSA Saterdagoggend in Suva, Fidji, met 34-20 geklop om die Pasifisiese Beker-reeks te wen. Die Brawe Bloeisels het sodoende verby Fidji geskuif, wat met 10-3 oor Samoa geseëvier het.

Ranglys

1. Nieu-Seeland 89.04 punte

2. Wallis 88.89

3. Ierland 88.69

4. Engeland 87.34

5. Suid-Afrika 86.83

6. Australië 84.41

7. Skotland 80.17

8. Frankryk 79.42

9. Japan 77.21

10. Fidji 76.98

11. Argentinië 76.29

12. Georgië 74.42

13. Italië 72.04

14. VSA 71.93

15. Tonga 71.49

16. Samoa 69.08

17. Spanje 68.15

18. Roemenië 66.69

19. Uruguay 65.18

20. Rusland 64.81

23. Namibië 61.01

–worldrugby.com

Meer oor:  Ranglys  |  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.