Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Boksenter Juan glo op Wasps se inkopielys

Die Springbok-senter Juan de Jongh gaan straks later vanjaar sy loopbaan in Engeland voortsit.

Juan de Jongh / Foto: Gallo Images

De Jongh (29), wat Saterdag op die Stormers se plaasvervangersbank is vir die Superrugby-wedstryd teen die Haaie in Durban, gaan hom volgens Netwerk24 se bronne glo by die klubspan Wasps aansluit.

Dié Londense span speel Saterdag in die eindstryd van die Engelse Premierliga teen die Exeter Chiefs.

Allister Coetzee, die Bok-breier, het verlede jaar vir De Jongh as ’n sleutelspeler beskou, maar die staatmaker van die Westelike Provinsie oor etlike seisoene heen het nou in onguns verval. Hy is wel vroeër vandeesweek in die SA A-span se groep vir twee wedstryde teen die Franse Barbarians gekies.

De Jongh, wat in die voorseisoen ’n langtermynbesering opgedoen het, gaan met sy terugkeer selfs sukkel om sy plek in die Stormers se beginspan terug te kry nadat EW Viljoen strykdeur vanjaar se Super-reeks puik vertoon het.

Met sy Bok-loopbaan in onsekerheid gedompel, sal ’n skuif na ’n oorsese klub vir De Jongh sinvol wees.

Nóg ’n Springbok, die heelagter Willie le Roux, speel tans vir Wasps.

Meer oor:  Wasps  |  Juan De Jongh  |  Bokke  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.