Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokspan: Faf, Franco en Willie terug

Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sal ’n vyfde slotkombinasie die seisoen op die proef stel wanneer Suid-Afrika Saterdagaand in Parys teen Frankryk speel.

Franco Mostert is terug in die Springbok-beginspan, nadat hy nie vir die toets teen Engeland oorweeg kon word nie. Foto: Gallo Images

Die veelsydige Pieter-Steph du Toit sal Eben Etzebeth, wat ’n voetbesering teen Engeland opgedoen het, se plek in die nommervier-trui neem.

Du Toit het in 2016 op die jaareindtoer in twee toetse – teen Italië en Wallis – ook die nr. 4-trui gedra, maar hy word eerder as ’n 5-slot gereken en het hom bowendien die afgelope jaar as ’n steelkantflank van formaat gevestig.

Hy was verlede week in die toets teen Engeland die Bokke se nr. 5-slot.

Franco Mostert, wat nie teen die Engelse in aksie was nie, sal langs hom in die tweede ry sak.

Erasmus kon die slotpaar wat in Junie in die drie toetse teen Engeland gespeel het, RG Snyman en Mostert, oorweeg het en Du Toit in die lostrio ingespan het, maar dan sou Warren Whiteley met ’n plek op die plaasvervangersbank tevrede moes wees.

Die Bokke se lostrio, Whiteley, Duane Vermeulen en Siya Kolisi, is onveranderd gelaat.

Mostert se terugkeer is een van ’n klompie veranderings aan die beginspan.

Faf de Klerk is weer op sy pos in die nr. 9-trui. Hy kon vanweë Wêreldrugby-reëls verlede week slegs ’n toeskouer op Twickenham wees. Foto: Gallo Images
Willie le Roux neem Damian Willemse se plek op heelagter. Foto: Gallo Images

In die agterlyn keer Willie le Roux terug op heelagter ten koste van Damian Willemse en Faf de Klerk is weer Handré Pollard se skakelmaat in Ivan van Zyl se plek.

Op die plaasvervangerbank is daar ook heelwat veranderinge. Vincent Koch (vaskopstut) vervang Wilco Louw, Francois Louw (losvoorspeler) neem Lood de Jager se plek en Cheslin Kolbe is ten koste van André Esterhuizen gekies.

Springbokke: Willie le Roux, S’bu Nkosi, Jesse Kriel, Damian de Allende, Aphiwe Dyantyi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Warren Whiteley, Duane Vermeulen, Siya Kolisi (k), Franco Mostert, Pieter-Steph du Toit, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Thomas du Toit, Vincent Koch, RG Snyman, Francois Louw, Embrose Papier, Elton Jantjies, Cheslin Kolbe.

Meer oor:  Parys  |  Frankryk  |  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Springbokke  |  Hane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.