Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokvroue speel eerste tuistoets in 6 jaar
Stanley Raubenheimer. Foto: Ziyaad Martin

Die Springbokvrouerugbyspan sal in September vir die eerste keer in ses jaar weer op eie bodem ’n toets speel.

Die Bokvroue kom op Maandag 30 September op die Cityparkveld in Athlone in Kaapstad teen Skotland te staan.

’n Tweede toets teen Skotland op Saterdag 5 Oktober sal ook op dieselfde veld gespeel word.

Die laaste keer dat die nasionale vrouespan tuis in ’n amptelike toets in aksie was, was in 2013 toe hulle in Oos-Londen met Uganda afgereken het.

“Dit is fantastiese nuus vir ons span en hul ondersteuners, nie net omdat ons teen een van die Sesnasies-spanne te staan sal kom nie, maar ook omdat ons dit voor ons eie mense sal doen,” sê Stanley Raubenheimer, die Bokvroue se afrigter.

Raubenheimer en sy hulpafrigters, Lungisa Kama en Eddie Myners, sal in Augustus en September oefenkampe vir die voorste plaaslike spelers hou. – Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Vrouerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.