Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bolanders nóg ’n gesoute slot kwyt

Die Boland-Kavaliers se diepte in die slotposisie sal drasties aangevul moet word ná nog ’n ervare lynstaanman, Joubert Horn, besluit het om uit te tree.

Die slot Joubert Horn vroeër vanjaar vir die Boland in aksie.Foto: Gallo Images

Horn (28) het Sondag sy uittrede op sy Facebook-blad aangekondig. “Ná ’n paar maande se denke en baie gebede het ek besluit om dit te call,” het Horn op Facebook geskryf. “Ek groet rugby met vrede in my hart en dank God dat hy so goed was vir my,” lui sy boodskap.

Die Kavaliers het verlede maand aangekondig dat Hanno Kitshoff (32) ook sy laaste seisoen van beroepsrugby gespeel het en met Horn ook nou weg, sal die Wynboere ’n aansienlike leemte moet vul voor die 2017-seisoen afskop.

Die unie het ook nog nie ’n nuwe hoofafrigter aangestel nadat Brent Janse van Rensburg bedank het nie.

Tussendeur moet die Boland-rugbyunie ook vure doodslaan ná ontevrede klubs ’n mosie van wantroue teen die unie se bestuur ingedien het.

Horn het voor die begin van die Curriebekerreeks se Premierliga vanaf die Franse klub Bayonne by die Kavaliers aangesluit. Dié boorling van Welkom het in agt wedstryde vir die Boland gespeel en op 28-jarige ouderdom is daar verwag dat hy nog so paar seisoene ’n bydrae sou lewer.

Volgens die unie het hy nie geweet Horn gaan uittree nie en is daar gepoog om hom nog langer in die Boland te hou.

Horn het gesê sy vrou het ’n nuwe werk aanvaar en hy gaan nou saam met sy skoonpa op Van Zylsrus in die Kalahari boer. 

Horn het vroeër in sy loopbaan ook vir die Griffons, Griekwas, Shimlas en ’n Vrystaat-vyftiental gespeel.

Die enigste slotte wat tans op die Kavaliers se boeke pronk, is Ockie van Zyl, Ferdie Horn en Yves Bashiya. Bashiya het min speelkans onder Janse van Rensburg gekry, wat die slot in ’n stut probeer omskep het.

Die Kavaliers moet nog hul spelersgroep vir die 2017-seisoen aankondig.

Meer oor:  Boland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.