Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Borg skop Saracens onder alie

In die nadraai van die Engelse spogrugbyklub Saracens wat aan die einde van die seisoen uit die Premierliga gerelegeer word, het een van sy hoofborge ook besluit om die pad te vat.

’n Aansig van Saracens se stadion, Allianzpark. Foto: Getty Images

Die Duitse versekeringsmaatskappy Allianz het volgens die BBC aangekondig dat hy sy bande aan die einde van die seisoen met Saracens gaan verbreek. Dit volg nadat die klub skuldig bevind is daaraan dat hy die reëls met betrekking tot die salarisse van spelers oortree het.

Allianz was sedert 2012 ’n borg van die huidige Premierliga-kampioen en het onder meer die titelregte vir die span se stadion in Londen besit. Die borgskap sou aanvanklik tot aan die einde van 2021 van krag wees, maar die twee partye het saam besluit om dit ’n jaar voortydig te beëindig.

Die Engelse haker Jamie George, een van ’n string internasionale spelers op Saracens se boeke, het intussen volgens Reuters gesê dat hy nêrens heen gaan nie en dat hy steeds vir Saracens gaan speel.

“Dit is moeilik en almal is in ’n ander situasie. Ek is baie seker dat ek sal aanbly, maar ek sal verseker volgende jaar steeds rugby speel. Ek het nog nie met die ander ouens gepraat nie, maar vir my is dit ’n persoonlike ding,” sê George.

Die toekoms van sterre soos Owen Farrell, Maro Itoje, Billy Vunipola en Mako Vunipola is steeds duister. – Sportredaksie

Meer oor:  Engeland  |  Allianz  |  Rugby  |  Jamie George  |  Saracens  |  Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.